Jesaja 39 – ‘n Gebrek aan onderskeiding

Written by Chris van Wyk on 22/02/2011. Posted in Jesaja

Print Friendly
Hierdie gebeure word na Hiskia se siekte en genesing geplaas, waarskynlik omdat dit tematies daarby hoort.  Die afvaardiging van Babel kom juis ondersoek instel na die wondergenesing.

Waarskynlik wou hulle Israel intrek in ‘n anti-Assiriese bondgenootskap.  Hulle gebruik dus die wondergenesing as ‘n aanknopingspunt om hulle eie agenda te bevorder.

Hiskia word daardeur verlei om by hulle te spog oor sy skatte wat ‘n gemoedelike verhouding skep wat Babel sou kon laat dink het dat hulle op Hiskia se steun teen Assirië kon staatmaak.  Dit ontlok ‘n skerp reaksie van Jesaja, omdat Hiskia ‘n gebrek aan onderskeiding openbaar, ten spyte van die wyse waarop die Here hom hiervoor begelei het.

Die Here veroordeel dié optrede, veral omdat dit op ‘n alliansie neerkom.  Maar dieper as dit wys God waarskynlik ook op die eintlike gevaar op die wêreldtoneel, die groeiende mag van die Babiloniërs, wat Hiskia uiters versigtig moes maak vir enige bande met hulle.  En dit is juis hierdie volk, onder leiding van Nebukadnesar, wat uiteindelik vir Juda, paleis-skatte, mense en al, in ballingskap sou wegvoer, ‘n eeu later.

Die eerste deel van Jesaja eindig dus op dieselfde noot waarmee dit begin het in hoofstuk 1: die volk het nie ‘n begrip van wat God doen nie, daarom oortree hulle en ploeter voort in hulle alliansie-politiek, sonder om die gevare daarvan na waarde te skat, en natuurlik sonder om die verhouding met God in stand te hou nie.

Dit laat my net weer besef hoe belangrik ‘n volgehoue onderskeiding van wat God doen, is.  ‘n Mens kan nooit verslap in jou toewyding aan God nie.  Die vraag na wat God besig is om NOU te doen, moet deel van ons daaglikse brood en botter word, dit moet so natuurlik soos asemhaal wees, en ons moet dit persoonlik en as ‘n gemeenskap doen.  Nie net om die gevare te vermy waaraan ons onsself blootstel as ons dit nalaat nie, maar om in die gemeenskap met God te groei.

Die tafel is dus nou gedek vir die volgende hoofdeel van Jesaja om te begin, hoofstuk 40-66.  Jesaja gaan ons aandag daar fokus op die verlossing wat God vir sy volk ook uit die gevaar van Babilon gaan bring, onder andere deur die bediening van die Dienaar van die Here wat sy klimaks vind in die belofte van ’n nuwe hemel en aarde (Jes 65-66), waarin dit ook duidelik raak dat die boodskap die grense van ’n eng Judese interpretasie oorskrei.

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed