Jesaja 49-50 – Die dienaar van die Here praat dié wat moeg is, moed in
Tweedens fokus die hoofstuk op die lotsverandering van die volk Israel – 49:8-26. Die verandering word as ‘n gebedsverhoring – waarskynlik van die dienaar van die Here – beskryf (49:8). Hy word die verbintenis, die verbond, van God met die volk om die land te herstel en die mense te versorg. Maar let op dat die tydsberekening daarvan volledig afhang van die inisiatief van die Here. Gebed is noodsaaklik vir verandering, maar nie ‘n outomatiese versekering van verandering nie.
Die Siniete is ‘n onbekende volk. Hoewel hulle ook op ‘n paar ander plekke in die Bybel genoem word (Gen 10:17; 1 Kron 1:15), is die verwysing onbekend. Sommige geleerdes het dit al met die Sjinese verbind, maar dit is onwaarskynlik omdat die Sjinese benaming eers uit die 3de eeu v C dateer. Ander het dit met ‘n plek in Egipte verbind (Siëne), maar dit bly steeds ‘n onopgeloste raaisel.
Die redding laat die hemel en aarde uitbars in lof. Tog is Sion steeds bang dat die Here hulle vergeet het, wat die Here met ‘n pragtige en vertroostende paar metafore beantwoord: vrou kan nie haar baba vergeet nie; Israel is onuitwisbaar in God se handpalms ingegraveer. Let op hoe die Here die stelligheid van sy belofte aan sy lewe self koppel (:18). Hy staan met sy lewe in vir die uitkoms.
Die oorvloedige uitkoms (nageslag) vir Israel dien as woord aan die nasies om hulle te oortuig dat God vertrou kan word, en dat Hy die enigste Here is.
Hoofstuk 50 wei weer uit oor die redes vir die ballingskap – hulle sondes – 50:1-3, waarna die dienaar ‘n selfgesprek voer oor sy ervaringe in sy bediening – 50:4-11. Hy dink na oor sy toerusting wat Hom in staat gestel het om dié wat moeg is, moed in te praat. Die belangrikste manier waarop dit gebeur het, was dat Hy na God geluister het en dat dít sy bediening gestruktureer het. Daarom kon Hy volhard in die ontsettende lyding wat Hom in die uitvoering van sy bediening te beurt geval het. Só het die Here Hom gehelp om staande te bly in die aangesig van onregverdige aanklagtes.
Elkeen wat dus na dié dienaar luister, sal die lig sien aanbreek in sy lewe, en die donker kan ontwyk. Laat ‘n mens dink aan die eerste hoofstuk van Johannes se evangelie waar Hy oor die Woord van God praat – Jesus – wat die lig vir die mense is (Joh 1:1-14).
Tags: Jesaja
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!