Jesaja 58 – God se mense laat medemense nie aan hul lot oor nie
Die hoofstuk is opgedeel in 5 dele:
- ‘n Opdrag om die volk op hulle oortredinge te wys – 58:1-3a
- ‘n Uiteensetting van wat reg en verkeerd is – 58:3b-7
- ‘n Belofte van God se teenwoordigheid – 58:8-10
- ‘n Belofte van God se voorsiening – 58:11-12
- ‘n Belofte van vreugde en vrede – 58:13-14
‘n Mens kan hier duidelik sien wat vir God as egte godsdiens tel:
- Om te vra na God se wil en teenwoordigheid – en te doen wat Hy vra – vers 2-3.
- Om geestelik te groei (vas en bid), SOWEL AS om sosiaal-maatskaplik op te tree – vers 4-7c. Dit beteken volgens Jesaja om: onreg uit te roei, verdruktes vry te laat, hongeriges brood te gee, armes en dakloses blyblek te gee, mense sonder klere te klee. Laat ‘n mens dink aan die verskil tussen die skape en die bokke in die profetiese rede: die laaste oordeel in Matteus 25 – hulle sensitiwiteit vir hulle medemense.
Kortom – God se mense laat hul medemens nie aan hul lot oor nie – vers 7d.
Die gevolge vir die Godsvolk sal verreikend wees; God sal op ‘n magtige manier ingryp en red; by wyse van spreke: die nag sal vir hulle word soos die helder middag; die Here sal hulle lei en in al hulle behoeftes voorsien; hulle sal vreugde en vrede vind in die Here en dit in hul eie land.
Dit is nogal ‘n belofte wat my aangryp. Sorg vir die randfigure in die samelewing – en let op dat dit nie in die eerste plek gaan oor die redes hoekom hulle in hul situasie beland het nie – en ervaar dat God ook vir jou sal sorg. Dit is ook die belofte van Jesus in die Bergrede, Matteus 6:33.
Tags: Jesaja
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!