Jesaja 62 – God se beloftes word in vervulling gebid
Jesaja 62 volg die wonderlike boodskap van die oorwinning van die dienaar van die Here in Jesaja 61 op en lewer ‘n sterk appèl aan die volk om die belofte van oorwinning vir hulleself toe te eien en hulle lewens daarvolgens in te rig:
- 62:1-5 – Jesaja (God?) jubel oor die redding van Jerusalem en maak dit aan almal bekend.
- 62:6-9 – Hy roep die wagters op die mure op om saam te werk en die Here aan sy beloftes te herinner in hulle voorbidding.
- 62:10-12 – Hy roep die mense in die stad op om dié boodskap aan die hele wêreld bekend te maak en gereed te maak om die terugkerendes te ontvang.
62:1-5 – Baie geleerdes het voorgestel dat die spreker God sou wees, onder andere omdat die profeet in elk geval ‘n spreekbuis van God is. In die lig van die dinge wat dié spreker vra, veral ten opsigte van die gebedsversoek in die tweede perikoop, dink ek tog dat dit beter in die konteks inpas as die spreker Jesaja sou wees. Let op hoe die jubeling oor die redding van Jerusalem aan almal bekend gemaak word, voordat dit inderdaad ‘n werklikheid word. Dit is in die uitspreek van die toekoms, wat die toekoms ‘n werklikheid raak. Dit is hoe God in die eerste plek geskep het. Hierdie profesie het dieselfde mag, omdat dit op God se beloftes geskoei is.
God se liefde vir sy mense is die rede vir sy redding. Hy maak alles nuut, sy verhouding met hulle inkluis. En weereens is die boodskap ook bedoel vir die nasies.
62:6-9 – Soos ‘n mens kan jubel oor die oorwinning wat kom, en daarmee letterlik die toekoms in aanskyn roep, só moet ‘n mens ook bid dat dit inderdaad sal kom. Daarom word die wagters op die mure op geroep om saam te werk en die Here aan sy beloftes te herinner in hulle voorbidding. Die beklemtoning van gebed wys onteenseglik op die belangrike rol wat gebed speel in die verandering wat God belowe. Laat my dink aan Jakobus 4 wat sê dat ons nie het nie, omdat ons nie bid nie! En Luk 11:5–10 wat beklemtoon dat ons met volharding moet bid.
62:10-12 – Hy roep die mense in die stad op om dié boodskap aan die hele wêreld bekend te maak en gereed te maak om die terugkerendes te ontvang. Hulle word dus tot geloof en vertroue op geroep, wat hulle moet illustreer in die werklikheid van hulle voorbereiding. Let op dat God saam met sy mense die stad tegemoet loop.
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!