Jesaja 8 – Leef met ontsag en oortuiging

Written by Chris van Wyk on 28/01/2011. Posted in Jesaja

Print Friendly
Die perikope van dié hoofstuk wissel tussen wanhoop en hoop, wat alreeds iets sê van die verwarring wat in dié tyd geheers het.  Ek leer daaruit dat die weg uit verwarring altyd in twee goed lê, 1) ‘n ontsag vir die Here se hantering van enige situasie, en 2) ‘n vaste vertroue in Hom wat ek met my lewe moet demonstreer – soms in ‘n oortuiging wat stil geleef word, en soms in dieselfde oortuiging wat duidelik uitgespel word, selfs vir my teenstanders.

8:1-4: Dit wil voorkom of die stuk leer waarop Jesaja hier skryf ‘n soort plakkaat is waarop die boodskap van oordeel oor die konings van Aram en Israel verkondig word.  Dit is ook die naam van Jesaja se volgende kind: Plunder-en-roof-is-naby.

8:5-8: Dan vervolg Jesaja met ‘n woord van oordeel oor Juda omdat hulle nie hulle vrees met vertroue wil vervang nie.  Siloag is die oorspronklike naam van die Siloam-tonnel, wat die water van die Gihonfontein na die stad gelei het.  Dit is ook die plek waarheen Jesus die blinde man gestuur het om sy oë te gaan was (Joh 9).  Die kalmte van die fonteinwater – God se sorg – word op treffende wyse gekontrasteer met die vloedgolf van Assirië – God se oordeel – wat die volk gaan verwoes.

8:9-10: Die oordeel- word met ‘n heilsprofesie opgevolg.  In taal wat nogal herinner aan Psalm 2, word die omgekeerde ook verkondig: God se sorg vir dié wat op Hom vertrou teenoor sy oordeel op dié wat Hom teenstaan.

8:11-16: Die uitdaging vir gelowiges en veral profete sal altyd bly, om te volhard in die vertroue op God wanneer ander dit verlaat en verraai.  Interessant genoeg is een van die motiverings om te bly vertrou ook vrees, maar hier nie die vrees vir mense nie, maar die  vrees of ontsag vir God (vgl Mat 10:28).  Dan, sê Jesaja, sal God soos ‘n veilige vesting vir hulle wees, hoewel Hy steeds vir dié wat Hom nie vrees, en nie op Hom vertrou nie, ‘n verskrikking sal wees, ‘n oordeelvoltrekker.  Die opdrag om dié boodskap stil te hou, herinner aan Jesus wat ook sy dissipels by tye tot stilswye gemaan het.

8:17-22: Dit wil egter lyk asof Jesaja moeilik sy boodskap vir homself kan hou.  Let op hoe hy 1) ‘n persoonlike geloofsbelydenis van vertroue en hoop op God doen, waarna hy 2) die gelowige groep waarvan hy deel is, se publieke getuienis aanprys – lewende getuies (tekens en wonders in die oorspronklike)! – wat hom vervolgens 3) tot ‘n appèl beweeg aan die volk om God te raadpleeg, eerder as die mediums en spiritiste.

Let op hoe hy die geskrewe Woord van God – die wet – kontrasteer met die gesproke woord van die ander godsdienste. Dit is ‘n beweging in Israel wat reeds in die tyd van Moses en Josua gebeur het, dat God gekies het om langs dié kanaal met sy volk te kommunikeer.  Lees meer hieroor.  Maar, belangrik, hoe hy daarmee saam die impak van die lewende getuies – wat vir almal ‘n heenwyser na God is – uitspel.  Die volle prentjie van God se boodskap word aan mense gebring deur Sy Woord en Sy mense – die wet en die getuienis.

En dié wat nie daardeur aangespreek word nie, en nie daarvolgens lewe nie, het geen toekoms meer nie.  Bedruktheid en benoudheid is sy padkos … maar, sê 8:23 en verder, daar is lig aan die einde van die tonnel …

Tags:

Trackback from your site.

Comments (2)

  • Rien du Preez
    04/02/2011 at 06:00 |

    Ek wil net weet as ek Jes. 8:21-22 lees gebruik Jesaja weer die mooi uitdrukking “Hy sal boontoe en ondertoe kyk”, Het die Here in die mooi beeldspraak gepraat of was dit jesaja se skryf tenniek om God se boodskap verstaanbaar oor te dra? Vir my is dit insigewend dat die Here ongeregtigheid straf maar daar is altyd `n groep mense wat Hy uitsonder, wat meer geloof vas is. So sal Hy ook in Openbaring die bokke van die skape skei. Vir my weet ek dat God `n erens met sy waarskuwings het en soos Hy so baie kere gesê het “julle het nie geluister nie” Baie dankie ek geniet dit baie. Rien

    • Chris van Wyk
      09/02/2011 at 14:24 |

      Jesaja skryf in opdrag van die Here en gebruik die uitdrukking om te wys dat daar geen uitkoms vir iemand gaan wees wat die getuienis van die Here in die Woord en in die lewe van sy mense ignoreer nie. Dit is dus sy menslike beeld, geïnspireer deur die Gees, waardeur God praat.
      Gelukkig dat God sommige uitkies, nê! Anders was ons almal verlore. Dat ons kan luister is genade!

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed