Jesaja die profeet
Jesaja se profetiese bediening strek oor ’n tyd van meer as vyftig jaar. Hy is as profeet geroep in die sterfjaar van koning Ussia (Jes 6:1), ongeveer 740 v C. Toe die Assiriese koning Sanherib in 701 v C die land binneval en Jerusalem beleër, was Jesaja nog steeds op sy pos (Jes 37:5). Ons weet nie hoe lank hierna hy nog opgetree het nie. Daar is ‘n Joodse tradisie dat hy in die tyd van koning Manasse (696–642 v C) ‘n marteldood gesterf het en middeldeur gesaag is (vgl Hebr 11:37). Interessant genoeg word daar nêrens van enige literêre aktiwiteit van Jesaja in die boek gepraat nie, net van sy oratoriese aktiwiteit. . Hy skryf wel op ‘n stuk leer ‘n kort boodskap (Jes 8:1).
Jesaja tree in ‘n baie moeilike tyd as profeet op. Die wêreldmag van die Assiriërs het ook vir Israel en Juda bedreig. Geen wonder dat die kleiner volkere koalisies probeer vorm het om hulle te beskerm nie. Maar dit is juis die aanleiding tot die boodskap van Jesaja. God sal vir Juda sorg, maar dan moet hulle op Hom vertrou en nie hulle toevlug neem tot die ander volke nie: “Maar ook julle sal nie standhou as julle nie in geloof standhou nie” (Jes 7:9).
Tags: Jesaja
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!