Jesaja in die res van die Nuwe Testament

Written by Chris van Wyk on 29/03/2011. Posted in Jesaja

Print Friendly
Hier is ’n aantal verwysings wat jy kan naspeur, waar Jesaja in die res van die Nuwe Testament aangehaal word.
Jesaja NT Kort beskrywing
8:17-18 Heb 2:13 Die skrywer van Hebreërs haal twee verse uit Jesaja 8 aan om Jesus se identifikasie met mense te bevestig.
22:22 Open 3:7 Johannes gebruik dieselfde beeld van die sleutelmag wat aan Eljakim in Jesaja 22 gegee is, en verklaar dat dié mag in die hand van die Here is.
25:8 Open 7:17 Dieselfde boodskap wat al in Jesaja 25 se visie op die feesmaal vir die volke van toepassing gemaak is, dat alle trane afgevee sal word, word hier aan Jesus se opstanding gekoppel deur Johannes.
28:16 1 Pet 2:6 Jesaja 28 word gebruik as bewysplaas vir die metafoor van die hoekklip wat alles bymekaar hou wat op Jesus van toepassing gemaak word.
34:4,10 Open 6:13-14 Jesaja 34 se beelde van die hemel wat soos ’n boekrol toegerol word, en die aarde wat onbewoonbaar gemaak word  met die sesde seël se oordeel in Openbaring verbind.
35:3 Heb 12:12 Die Hebreërskrywer leen die beeld van slap hande en knikkende knieë wat versterk moet word by Jesaja.
40:6-8 1 Pet 1:24, 25 Petrus gebruik dieselfde beelde as Jesaja 40 om die menslike toestand met God se ewige woord te kontrasteer.
Jak 1:10, 11 Ditto Jakobus
41:4 Open 1:8, 11, 17 Johannes gebruik amper dieselfde taal vir God, die eerste en die laaste en pas dit op Jesus toe.
Open 21:6 Ditto
Open 22:13 Ditto
49:10 Open 7:16 Johannes gebruik dieselfde beeld van die uitkoms wat God aan die einde van die tyd gee vir sy uitverkorenes as wat Jesaja vir die terugkoms uit ballingskap gebruik – dat hulle beskerming sal geniet teen die honger, dors en hitte.
53:5 1 Pet 2:24, 25 Die kruisdood van Jesus se impak word verbind met die profesie in Jesaja 53 dat die straf op Hom tot ons vrede en genesing gelei het.
53:9 1 Pet 2:22 Jesus se onskuldige dood word verklaar uit die profesie in Jesaja 53.
60:11,19 Open 21:24-26 Die profesie dat die nasies na die lig van Jerusalem sal kom, word deur Johannes in Jesus en die nuwe Jerusalem verbind.
63:2-3 Open 19:13-15 Die oordeel wat God voltrek oor die nasies soos in Jesaja beskrywe, word in soortgelyke trekke in Openbaring beskrywe. Let op dat dit die Woord van God is, Jesus.
65:17 2 Pet 3:13 Die voorspelling van ’n nuwe hemel en aarde van Jesaja 65 word geëggo in Petrus.
Open 21:1 Ditto in Openbaring.

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed