Jesaja in Handelinge

Written by Chris van Wyk on 25/03/2011. Posted in Jesaja

Print Friendly
Vandag is daar net ’n paar gedeeltes om te lees.  Probeer dus elkeen in sy konteks lees.

Hier is die gedeeltes – weereens kronologies soos die in die boek Jesaja voorkom:

Jesaja Handelinge Kort beskrywing
6:9-10 28:26, 27 Paulus is in Rome en maak – soos Jesus – die profesie van Jesaja, dat die Jode nie sal luister nie, op die ongelowige Jode van toepassing
49:6 13:47 Paulus en Barnabas neem die beskrywing van die roeping van die dienaar van die Here as ’n opdrag aan hulleself om die evangelie na die heidense nasies te neem.  Let op hoe bly die heidene daaroor is, en hoe suur die Jode reageer.  Dit funksioneer dus as ‘n soort roepingsteks vir hulle.
53:7-8 8:32, 33 Die Etiopiese amptenaar lees die gedeelte oor die Lydende dienaar van die Here en vra vir Filippus om dit vir hom uit te lê.  Filippus bedien dan die evangelie van Jesus Christus aan die hand van dié gedeelte.
55:3 13:34 Paulus en Barnabas gebruik Jesaja se beklemtoning van God se betroubaarheid – Hy kom sy beloftes na – en pas dit toe op die opstanding van Jesus – God het Jesus opgewek.
66:1-2 7:49, 50 Stefanus spaar nie sy Joodse aanklaers nie, en wys hulle op hulle eie heilige boek, Jesaja, wat sê dat God nie in ’n tempel wat met hande gebou is, kan bly nie. Hulle hardkoppigheid ken egter geen perke nie, en hulle wil nie na die lewende Here luister nie, soos Hy nou in Jesus geopenbaar is nie, eerder hulle tradisies in stand hou.

’n Paar opmerkings:

  1. Lukas haal interessant genoeg in beide sy evangelie en die Handelinge meer uit die tweede deel van Jesaja aan as uit die eerste deel.  Ek wil nie veel daarin lees nie, maar die temas van die Lydende Dienaar van die Here, en die opdrag om ’n lig vir die nasies te wees, pas natuurlik baie goed in by die 2 reisverhale wat hy skryf – in die evangelie van Lukas, die reis van die platteland na Jerusalem waar die Lydende Dienaar van die Here, Jesus, die hoogste prys betaal, en in die Handelinge, die reis van Jerusalem na die wêreld (Rome) waar gelowiges ’n lig vir die nasies is tot vandag toe nog.
  2. Die onbegrip van ongelowiges, en nog dieper van dié wat dink hulle glo, is ’n baie groot werklikheid.  Jesus moes daarmee rekening hou, en het ook doelbewus gelykenisse gebruik, om nie sy pêrels vir die swyne te gooi nie.  Paulus moes gedurig daarmee rekening hou, en in ’n sekere sin sorg dit dat hy by sy eintlike roeping uitkom, om die evangelie aan die heidense nasies te verkondig.  God is aan die werk, selfs in die onbegrip van mense, om sy plan uit te werk.  En eerder as om daarteen te stry of mense te verkwalik, moet ’n mens God se hand daarin probeer raaksien en daarop reageer.

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed