Johannes

Print Friendly

Die evangelie van Johannes

Lees saam met my die evangelie van Johannes deur.

Bydraes oor die evangelie van Johannes

Hier is al die bydraes oor die evangelie van Johannes.  Die eerste 14 bydraes is ‘n inleiding op die evangelie van Johannes. Dit sal vir jou ‘n goeie agtergrond gee vir jou leeswerk. Die ander bydraes behandel die inhoud van die evangelie, sowel as ‘n paar ander onderwerpe van belang.  Dit is ingedeel in 5 weke met ongeveer 5 bydraes elk.  Aan die onderkant van die bydraes is daar telkens skakels na die vorige en die volgende bydrae.
Onthou ook om kommentaar te lewer of jou vrae te vra.  Jy kan dit doen aan die onderkant van enige bydrae deur op comments te klik.  Ek antwoord graag.
Klik op die eerste skakel en werk dan agtervolgens deur die bydraes.

Johannes

Ander Bybelskool reekse

Jy kan ook enigeen van die ander Bybelskool reekse op jou eie tyd deurwerk:

Comments (3)

  • 10/08/2011 at 11:59 |

    Skuus ekt nie genoem nie, maar dit gaan oor Joh 2: 1-25

  • 10/08/2011 at 11:58 |

    Op watter wyse het Jesus se sterwe en opstanding ‘n einde aan die tempelkultus in Jerusalem gebring? Wat leer ons hieruit oor die funksie en plek van geboue in die Christendom?

    • Chris van Wyk
      10/08/2011 at 21:37 |

      Jesus het nie die Joodse tempelkultus persoonlik tot n einde gebring nie. Die vernietiging van die tempel in 70 nC met die Romeinse verowering het dit effektief tot stilstand gebring. Vir Christene egter het Hy die offerkultus vervang met sy eie offer aan die kruis, wat daarna genoegsaam is vir die vergifnis van ons sonde, ten minste vir elkeen wat in Hom glo. Dit het ook die funksie van geboue gerelativeer, omdat almal wat in Hom glo met Hom in verhouding kan leef, maak nie saak waar hulle is nie – soos die verhaal van die Vrou by die put in Johannes 4 ons ook leer. Daarom kan n mens in Handelinge sien hoe die huise van gelowiges mettertyd die tempel vervang het as die vergaderplek, veral waar die gemeentes kleiner was. In sommige stede, soos Efese bv, het hulle weer sale gebruik, net omdat daar te veel mense vir die huise was. Geboue het dus n baie meer funksionele rol gespeel – die mense en die aanbidding van die Here was belangriker as die presiese plek waar mense vergader het. Dit net so in kort!

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Fil 2:12-18 Onberispelike Lewenswandel
    Een van die uitstaande kenmerke van die fliek Babe, is die klein varkie se geweldige begeerte om die regte ding te doen. Hy is altyd gereed om te doen wat nodig is. As die gans hom vra om die wekker te gaan haal in die baas se kamer, gaan Babe sonder skroom in, al beteken dit dat hy in ‘n groot gemors beland toe hulle die verf omskop en die hele kamer bemors […]
  • Eerste Kwartaal 2012
    […]

Read feed

Communitas

  • Missionale Safari
    Kyk gerus na Jurgens Hendriks se vertelling van die verhaal van 2010 se Missional Safari in Zimbebwe en Namibie op You Tube missional safari […]
  • Verder Geluister: 2 Kon 2: 1-12
    19 Februarie 2012 ~ Sondag van die verheerliking ~ 2 Kon 2: 1-12 Ek is beïndruk met die Preekstudies (Leesrooster) se hantering van hierdie teksgedeelte. Dis ‘n  voorreg om so ‘n preekhulp te hê. Na my oordeel moet ‘n mens 2 Kon 2 tot ten minste vers 14 lees, en beslis Markus 9:2-9 daarmee saam. Mense sonder Bybelkennis gaan nie die verband tussen die twee g […]

Read feed