Die skrywer Johannes

Written by Chris van Wyk on 20/04/2011. Posted in Johannes

Print Friendly
Die apostel Johannes, een van die seuns van Sebedeus (Mark 1:16-20), die sogenaamde “seuns van die donder” (Mark 3:17), word gewoonlik as die skrywer van die inhoud van die evangelie van Johannes aangedui, soos dit ook van vroeg af deur die kerkvaders aangegee is (Irenaeus, Klemens), hoewel dit duidelik is dat hy nie alles kon geskryf het nie (21:24 is ’n beskrywing van hom).

Johannes se naam word egter nêrens as skrywer in die evangelie genoem nie.  Die evangelie noem net ’n naamlose dissipel as bron van die inhoud van die evangelie.  Hy was ’n ooggetuie van onder andere die kruisdood (19:35)  sowel as die leë graf (20:2) en word die dissipel genoem vir wie Jesus baie lief was en aan wie Hy sy moeder toevertrou (19:26-27 – vgl ook 13:23; 20:2; 21:7).  Hy word beskrywe as: “die dissipel wat oor al hierdie dinge getuienis aflê en dit beskrywe het, en ons weet dat sy getuienis waar is” (21:24).  Die “ons”  wat dit skrywe, is egter waarskynlik die redakteur of selfs outeur van die evangelie. Maar die dissipel op wie se getuienis staatgemaak word, se naam word nêrens eksplisiet genoem nie.

Hoewel hierdie dissipel dus gewoonlik met Johannes verbind word, en sy getuienis die basis vorm  vir die evangelie, kan ons nie die outeurskap van Johannes bo alle redelike twyfel vasstel nie.   Wat ons wel  van seker is, is dat die evangelie op ’n ooggetuie verslag uit die tyd van Jesus berus, en daarom deur die kerk as gesaghebbend aanvaar is.  Die plek waar dit geskryf is, word gewoonlik as Efese aangedui, omdat dit die plek is waar Johannes lank gewerk het, voor hy na Patmos verban is  (Irenaeus).

Die meeste geleerdes dateer die evangelie van Johannes ná die ander sinoptiese evangelies, êrens tussen 70-100 n C.

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed