Die Woord van God het mens geword sodat ons in Jesus Christus kan glo
Die verhaal kyk terug na die vleeswording vanuit die perspektief wat die opstanding van Jesus en die gawe van die Heilige Gees daaraan verleen. Die opstanding en die uitstorting van die Gees openbaar die eintlike betekenis van wat Jesus kom doen het en watter betekenis dit vir sy dissipels inhou (2:22; 12:26; 14:23-26; 16:12-15).
Johannes vertel dus die verhaal van Jesus, die mensgeworde God, met die oog daarop om die waarheid daarvan te bevestig, dit teologies te interpreteer, en lesers wat ná die opstanding van Jesus en die uitstorting van die Heilige Gees lewe, tot geloof te beweeg – “Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê” (Joh 20:30-31).
Reeds in die gesprek met Nikodemus is hierdie doelwit onomwonde uitgespel: “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê … Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie” (Joh 3:16-18). Johannes draai nie doekies om nie, maak sy punt helder en duidelik– ’n keuse word van elkeen gevra wat hierdie boodskap hoor. En tog, sê hy dit, sonder om jou te vervreem, want hy begrond sy appèl in die liefde en deernis van God.
Tags: Johannes
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!