Johannes 7:53–8:11 – Ek veroordeel jou ook nie

Written by Chris van Wyk on 04/05/2011. Posted in Johannes

Print Friendly

RUS

  • Ek raak stil voor die Here en dank Hom vir die insig wat Hy gee in Wie Hy is, en wat Hy doen.

HOOR

  • Ek lees die kort verhaal en die volgende aspekte tref my:
Jesus oornag op die Olyfberg (Luk 21:37; 22:39), waarskynlik om met Sy Vader in gesprek te tree, voordat Hy vroeg die volgende môre weer die mense in die tempel leer.[1]

Die skrifgeleerdes en Fariseërs bring dan ’n vrou wat op owerspel betrap is na Hom toe om Hom uit te lok met die vraag of sy nie gestenig moet word nie (Lev 20:10).  Hulle het geen gevoel vir die vrou self nie – die man met wie sy owerspel gepleeg het, is onder andere nie daar nie, en moes volgens wet saam met haar doodgemaak word (Deut 22:22-24) – en wil net iets kry om Jesus mee aan te kla.

Jesus ignoreer aanvanklik hulle vraag en optrede deur op die grond te skrywe.  Daar is baie teorieë oor wat Hy geskryf het, maar niemand weet wat dit was nie.  Miskien was dit net om hulle kans te gee om af te koel en na te dink oor wat hulle van plan was om te doen.  Steniging was in elk geval ’n gebruik wat baie min toegepas is, en nie eers iets wat in die wet vir die doodmaak van owerspeliges voorgeskryf is nie.  Boonop sou só ’n aksie Hom in konflik met die Romeinse owerhede bring, wat nie toegelaat het dat sulke wette toegepas word nie.

Maar toe hulle aanhou vra, gee Hy die briljante antwoord dat dié van hulle wat ’n skoon gewete het, die eerste klip op haar moet gooi. Hy handhaaf dus die wet, maar laat die lig van die wet ook op hulle gewetens val.

Hulle kry dit dan nie reg om te begin klippe gooi nie, waarskynlik weens hulle gewetens wat hulle aankla, omdat owerspel in die geheim ook onder mense in die hoogste geledere van die Joodse godsdiens plaasgevind het, soos van die ander geskrifte uit Jesus se tyd aandui.  Jesus word alleen saam met die vrou gelaat in die middel van die kring mense wat dit alles dopgehou het.

Jesus stuur haar sonder veroordeling weg (Joh 3:17), hoewel hy nie haar sonde goedkeur nie.  Sy opdrag aan haar om nie meer sonde te doen nie, herinner aan die opdrag aan die siek man van Betesda.  Let op dat sy Hom Here noem, ’n aanduiding dat sy iets verstaan het van wie Jesus is, en dat dit vir haar betekenis gehad het.

LEEF

  • Die manier waarop Jesus omgee deur nie te veroordeel nie, maar ook nie sonde goed te praat nie, tref my.
  • Ek loof die Here dat Hy my ook nie veroordeel nie, maar ook nie los om maar net aan te karring soos ek lus het nie.

[1] Hierdie perikoop kom nie in die oudste manuskripte voor nie.  Die inhoud klop egter met die res van die verhale van Jesus.

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed