WEEK 1: 1:1-3:36
Ons begin ons leeswerk in die evangelie van Johannes met die proloog waar Jesus as die Woord van God aan ons bekend gestel word. Johannes die Doper en die eerste dissipels word ook aan ons bekendgestel as die eerste getuies daarvan. Drie tonele uit Jesus se bediening word vir ons beskryf: die 1ste teken: water in wyn; die reiniging van die tempel; die gesprek met Nikodemus. Daarmee word Jesus se heerlikheid as God-mens geïllustreer, sowel as sy passie vir die vestiging van die regte verhouding tussen mense en hulle God: gesamentlik EN individueel.
Daar is verskeie maniere waarop jy die evangelie van Johannes kan lees – lees meer daaroor in hierdie artikel van my: Kies ‘n manier van Bybellees.
Ek kies self om die eenvoudige luistersiklus te gebruik en sal my insette dan ook maak in die HOOR gedeelte van die luistersiklus:
RUS
- Raak bewus van jou diepste behoeftes.
- Gee dit in gebed aan God.
HOOR
- Lees die Skrifgedeelte hardop.
- Dink na oor wat jou daarin tref.
LEEF
- Wat lê die Here nou op jou hart?
- Besluit op ‘n gepaste reaksie en sluit met gebed af.
Tags: Johannes
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!