WEEK 2: Johannes 4:1-8:11
Ons lees hierdie week:
- die bekende verhaal van die Samaritaanse vrou waarin lewende water ’n belangrike rol speel (4:1-42),
- van twee genesings: die regeringsamptenaar se seun (4:43-54) en die siek man by die bad van Betesda (5:1-16) waarop Jesus uitbrei en praat oor die lewe wat Hy bring (5:18-47),
- van die vermeerdering van brood (6:1-15) waarop Jesus kommentaar lewer (6:22-40) nadat Hy op die water geloop het (6:16-21) om sy beheer oor dinge wat die dissipels bang maak, te demonstreer,
- van die verskillende reaksies op Jesus – die Jode wat Hom nie begryp nie (6:41-59), selfs van sy dissipels (6:60-71) en broers (7:1-9) wat nie glo nie en
- van die lewende water wat sal vloei uit dié wat wel glo (7:10-39) wat tot ’n verdere aantal reaksies op Hom lei en dit ’n vrou wat in owerspel betrap is eerder as die Joodse godsdienstige leiers wat in Hom glo (7:37-8:11).
Tags: Johannes
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!