1 Konings 20 – Die Here bewys Homself aan Agab, sonder effek
Ek kan dit op ’n manier nie kleinkry dat soveel onomwonde bewyse van God se mag aan Agab gewys word nie, en hy steeds nie tot gehoorsaamheid aan God alleen beweeg word nie. Twee keer kondig die Here aan wat in die oorlog gaan gebeur, en verslaan die Arameërs voor Israel uit, baie spesifiek om aan Agab te wys dat Hy Here is. Maar steeds is Agab ongehoorsaam deur nie vir Ben-Hadad dood te maak nie, en eerder ’n verdrag met hom te sluit (vgl Asa in 1 Konings 15), en die Here te ignoreer.
Dit wil voorkom asof Israel op dié stadium onderhorig aan die Arameërs (Sirië) was. Dit wil ook voorkom asof die skrywers van die Koningsboek Agab minag, deur net 2 keer sy naam te gebruik, en die res van die tyd slegs van die koning van Israel te praat.
Die Here tree egter deur ’n onbekende profeet tot die stryd toe en begelei Agab met die regte strategie in die oorlog teen Ben-Hadad. Let op hoe Ben-Hadad die oorwinning reeds vier deur saam met die ander konings (van kleiner koninkrykies) te drink. Dit bekom hom egter suur.
Dieselfde lot tref Ben-Hadad met die tweede oorlog in die vlakte, maar hy word teen die wil van die Here deur Agab begenadig. Die profeet se optrede om die Here se toorn oor Agab te verkondig is ietwat bisar, maar tog baie effektief, en laat Agab bedruk, ’n bedrukking wat ook in die volgende verhaal van Nabot en sy wingerd ’n rol sal speel.
Tags: Konings
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!