2 Konings 13 – Die Here se genade seëvier telkens oor sy oordeel

Written by Chris van Wyk on 21/05/2010. Posted in Konings

Print Friendly

Die verhaal van Joahas en Israel se wel en wee word in hierdie hoofstuk ietwat vreemd vertel met vers 10-13 wat bes moontlik beter aan die einde van die hoofstuk sou pas, en die verhaal van die redder wat nie regtig goed inpas in die lewe van Joahas self nie, eerder in die lewe van Joas, sy seun, of Jerobeam II, sy kleinseun.

Dit is onduidelik wie die redder was en wanneer die uitkoms gekom het.  Dit kan wees dat verwys word na Elisa se profesie aan Joahas se seun Joas, wat inderdaad teen die Arameërs geveg het en drie oorwinnings behaal en ’n paar stede teruggewen het van Ben-Hadad, seun van Gasael, af.   Dit kan ook Jerobeam II wees, Joas se seun, wat hy na sy oupagrootjie vernoem, waarvan ons spesifiek lees dat hy Israel gered het (hfst. 14).  Ander geleerdes dink dat na die opkomende Assiriese mag verwys word wat die Arameërs se mag begin inperk het.

Hoe dit ook al sy: beide Israel en Juda (hfst. 12) lei in hierdie tyd onder Gasael van die Arameërs, soos Elisa voorspel het.  Maar Joahas, ten spyte daarvan dat hy nie afgewyk het om sonde te doen nie, smeek die Here om genade.  En die Here verhoor sy gebed en gee ’n redder.  Tog word steeds negatief oor sy lewe geoordeel, omdat hy in die weë van Jerobeam gewandel het, en, wil dit voorkom, weer ’n Asjerabeeld in Samaria opgerig het, nadat Jehu dit verwoes het.

Anders as Elia word Elisa soos ’n gewone mens siek en sterf.  Op sy sterfbed is daar ’n roerende en tegelykertyd onthutsende ontmoeting met Joas, waar Joas Elisa as die militêre fundi van Israel eer (“u was vir Israel die strydwa met sy ruiters”), en Elisa vir hom kwaad word omdat hy die simboliese aksie wat Elisa hom beveel swak uitvoer.

Let op hoe Elisa selfs in sy dood wonderwerke doen, met ’n lyk wat weer lewend word toe dit aan sy bene raak.  Sy sterflikheid word ironies genoeg daardeur beklemtoon, want hy staan nie self op nie.  Let ook op hoe die Here steeds die verbond met Abraham, Isak en Jakob in gedagte hou in sy genadige redding van Israel, ten spyte van die sondes van die koning.

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed