2 Konings 14 – God se genade word steeds weerstaan in die Noord-ryk

Written by Chris van Wyk on 24/05/2010. Posted in Konings

Print Friendly

Die goeie werk wat Joas gedoen het, word voortgesit deur sy seun Amasia.  Nie net het hy gedoen wat reg is in die oë van die Here, maar hy voer ook die wet van Deuteronomium 24:16 uit, dat kinders nie vir die vaders se sondes gedood mag word nie, deur die amptenare wat sy pa vermoor het, dood te maak, maar die kinders te laat leef.  Hy was ook effektief teen die Edomiete, hoewel hy steeds nie die hoogtes vernietig het nie, wat hom verkwalik word.  Hy misreken hom egter lelik met Joas van Israel deur hom tot ’n oorlog uit te lok en lelik tweede te kom.  Hoewel Joas sy lewe spaar is dit ten koste van ’n deel van die muur rondom Jerusalem en ’n groot klomp goud en silwer uit die huis van die Here.  Ook ’n paar gyselaars is na Samaria geneem, waarskynlik om te verseker dat hulle aan hom belasting betaal.

Dieselfde lot wat sy pa getref het, ’n sameswering, tref egter vir hom ook, heel waarskynlik vanweë die dwase oorloë wat hy onderneem.  Sy vlugtog help niks nie, en hy sterf in Lakis.  Sy seun Asarja word koning, maar ons lees ons in hoofstuk 15 verder oor sy regering.

Met die dood van Joas van Israel word Jerobeam II koning van Israel en hy geniet ’n baie lang regeringstyd, trouens, hy was heel moontlik hulle beste koning, ten spyte van die feit dat hy steeds, soos sy voorsate, doen wat verkeerd is in die oë van die Here.  Die Konings skrywers dig darem een goeie ding aan hom toe, die herstel van ’n groot deel van die Dawidiese grense van Israel, wat Damaskus (histories gesproke het hulle weer ’n handelsarea daar gehad) en Hamat weer onder Israelitiese gesag gebring het.

Dit word egter steeds toegeskryf aan die genade van die Here wat deur die profesie van die profeet Jona aan Israel verkondig is.  Daarby het dit ekonomiese welvaart gebring wat tot ’n groot kloof tussen ryk en arm sou lei, wat veral deur die profeet Amos aangespreek is.  Amos se voorspelling dat Jerobeam deur die swaard sou val (Amos 7:11) word nie vir hom waar nie, maar wel vir sy nageslag, Sagaria (2 Kon 15:10).  Kort hierna het die ballingskap vir die Noord-ryk van Israel gekom, waarna daar geen herstel meer moontlik was nie.

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed