2 Konings 15 – Die boodskap is duidelik: die konings faal die Here

Written by Chris van Wyk on 25/05/2010. Posted in Konings

Print Friendly

In ’n vinnige opeenvolging van 5 konings word die verhaal van Israel se wel en wee verder vertel, met 2 konings van Juda se verhale wat dit omraam en begin en afsluit.

Asarja van Juda, ook Ussia genoem (2 Kon 15:13; 2 Kron 26), het ’n baie lang regering gehad, hoewel ’n groot deel daarvan in afsondering was, weens melaatsheid wat hy weens ’n oortreding in die tempel opgedoen het (2 Kron 26). Dit is in sy sterfjaar dat Jesaja as profeet geroep is (Jes 6).  Dit is treffend die kontras tussen koning Ussia wat hom vergryp aan God se heerlikheid en gestraf word daarvoor, en Jesaja wat met ontsag vervul word deur God se heerlikheid en daardeur as profeet geroep word.  Die boodskap is duidelik: die konings faal die Here, en Hy doen sy werk deur die profete!

Sy seun Jotam het koning geword van Juda na sy dood, en moes onder andere die uitdaging van Peka van Israel en Resin van die Arameërs trotseer, waarvan ons ook in die profesie van Jesaja lees (hfst. 7), wat op die bekende belofte van die Immanuel wat uit ’n maagd gebore sou word, uitloop.

In teenstelling met Ussia, het Sagaria, seun van Jerobeam, weer net 6 maande geregeer in Samaria voor hy deur Sallum vermoor is, net soos die Here voorspel het.  Sallum is op sy beurt na net meer as ’n maand deur Menahem vermoor, ’n besonder wrede koning, wat selfs swanger vroue laat opsny het.

Hoe treffend beskryf die profeet Hosea dié tyd: “Waar is jou koning dan nou? Laat hy jou help in al jou stede! Waar is jou regeerders van wie jy gesê het: ‘Gee vir my ’n koning en amptenare’?  ‘Ek gee vir jou ’n koning in my toorn en Ek vat hom weg in my woede!’” (13:10-11)

En die oordeel van die Here word in geen onsekere taal uitgespreek nie: “Hulle het hulle eie konings aangestel sonder my goedkeuring, hulle het leiers aangestel wat Ek nie erken nie. Hulle het vir hulleself afgodsbeelde gemaak van hulle silwer en goud, maar dit sal vernietig word. Samaria, jou goue kalf is afstootlik! My toorn het losgebreek teen Samaria. Hoe lank sal hulle voortgaan om onrein te bly 6as hulle dan deel is van Israel? En daardie ding, dit is deur ’n ambagsman gemaak, dit is nie ’n god nie! Van die kalf van Samaria sal daar net splinters oorbly.” (8:4-6).

’n Groot wêreldmag was egter aan die opstaan, die Assiriërs, onder leiding van Pul (15:19) of Tiglat-Pileser III (15:29), wat ’n ander beleid as vorige maghebbers gevoer het. Hulle het telkens mense in ballingskap weggevoer om die gebiede wat hulle verower het, onderdanig te hou.

Menahem moes aan hom belasting begin betaal wat eintlik die skrif aan die muur was vir die Noord-ryk.  Sy seun Pekahia is na net 2 jaar deur ’n sameswering van sy koningskap beroof deur ’n adjudant van hom, Peka, wat 20 jaar in Samaria geregeer het totdat ook hy vermoor is in ’n sameswering deur Hosea, in wie se tyd die ballingskap gebeur het, waarvan ons verder in hoofstuk 17 sal lees.

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed