WEEK 6: 2 Konings 18-20 – God luister waar sy eer in gedrang kom

Written by Chris van Wyk on 27/05/2010. Posted in Konings

Print Friendly

Hiskia word koning in Juda en vir die eerste keer is daar ’n koning wat ’n ongekwalifiseerde regmerkie agter sy naam kry.  Hy gehoorsaam die Here in alles, selfs in die vernietiging van die hoogtes wat so ’n knaende probleem vir die volk van die Here reg deur die koningstyd was.  Interessant genoeg maak die koperslang van Moses (Num 21) ook hier sy opwagting, maar as ’n afgodsbeeld, wat Hiskia daarom met reg verwoes.  Dit is darem tragies as die dinge van God belangriker as God self raak en selfs aanbid word!

Geen wonder dat Hiskia voorspoedig was nie, want die Here was by Hom op ’n manier wat net nie moontlik was met van die vorige konings van Juda nie. En stukkie vir stukkie kry hy dit reg om sy onafhanklikheid terug te wen van die Assiriërs en Filistyne.

’n Paar dinge tref my in die verhaal van Hiskia.

  1. Die bedreiging van die Assiriërs kom van God af.  Let op hoe Sanherib dit selfs deur sy hoofadjudant só verwoord: “ek het nie sonder die Here opgetrek teen hierdie plek nie” (18:25).
  2. Maar die Assiriërs oorskry hulle mandaat, soos die boodskap van Jesaja dit uitspel (19:20 vv): “Ek weet hoe jy teen My te kere gegaan het …” (19:27).
  3. God se heilsboodskap aan Hiskia en die volk word gedoen: “om my ontwil en om my dienaar Dawid se ontwil” (19:34).
  4. Gebed (Hiskia met die briewe in die tempel, interessant genoeg voor die ark in die Allerheiligste) en die onderskeiding van God se wil (profesie van Jesaja) speel ’n belangrike rol om by God se planne in te skakel.
  5. God bewerk die verlossing, sonder dat Juda ’n vinger verroer.
  6. God luister na die gebed om genesing van Hiskia (vgl Jes 38), maar dit plaas ongelukkig ’n skaduwee (ironies gegewe die teken van die skaduwee!) oor sy lewe, omdat hy self in hoogmoed (vgl Sanherib) met sy skatte spog en daarvoor geoordeel word.

Terloops, 18:13-16 waarskynlik ’n korter berig oor die veldtog van Sanherib, en 18:17-19:37 (vgl ook Jesaja 36:1-37:38) ’n langer berig oor sekere aspekte daarvan, wat doodgewoon langs mekaar geplaas is.  Dit beskryf nie noodwendig twee veldslae nie, hoewel daar ook geleerdes is wat dit as twee gebeure sien.

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed