2 Konings 21 – Genadetyd raak kort vir Jerusalem

Written by Chris van Wyk on 28/05/2010. Posted in Konings

Print Friendly

Manasse was nou werklik ’n afvallige koning in direkte kontras met sy pa Hiskia.  Dit is asof Manasse ’n lys gemaak het van alles wat vorige konings verkeerd gedoen het, en dit een vir een uitgevoer het.  Deur sy lang regeringstyd was daar regtig niks positiefs wat die skrywers van Konings kon kry om van hon te sê nie.  Hulle ignoreer selfs die klein verhaaltjie van hoop waarvan 2 Kron 33 vir ons vertel.  Hoekom?  Want, met die Baäl-godsdiens regdeur die Asjera-aanbidding tot by kinderoffers het hy die Here uitgetart en geminag met die “stinkende afgode” en die einde van die volk se tyd in Jerusalem verhaas.  Konings oordeel daaroor baie skerp.

Manasse se naam beteken: “die een wat laat vergeet” en sy ouers het heel moontlik ’n baie positiewe verwagting van dié seun van hulle gehad.  Hy het egter die naam deur die modder gesleep deur die volk van God te laat vergeet.

Let op hoe die Here besluit om Jerusalem met dieselfde maat te meet as Samaria en die ballingskap ’n al hoe groter moontlikheid raak.

Sy seun Amon volg in sy pa se voetspore, maar amptenare sweer teen hom saam en maak hom na slegs twee jaar se regeringstyd dood.  Hulle kry hulle verdiende loon deurdat die burgers van die land weer teen die amptenare optree en hulle uitwis, sodat die jong Josia, die laaste goeie koning van Juda, die troon kon bestyg.

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed