2 Konings 23 – Die Woord is ‘n gemeenskapsboek

Written by Chris van Wyk on 01/06/2010. Posted in Konings

Print Friendly

Let op dat Josia die “boek van die verbond” nie alleen lees nie.  Man en muis is saam met hom in die huis van die Here en sluit saam met hom ‘n verbond met die Here om Hom te volg en sy riglyne met hulle hele hart en siel te gehoorsaam.  Die Bybel is nie vir individue in die eerste plek nie, dit is vir gemeenskappe wat saam die Here wil dien.

Let ook op dat dit hierdie tipe gesamentlike lees is wat die verandering voorafgaan en inlei.  Josia begin diepgaande hervormings in die stad gefokus op die tempel en tempel-diens, sowel as in die ander stede van Juda gefokus op die hoogtes.  Hy betrek ook die priesters van die ander stede by sy hervormings, hoewel hy ‘n onderskeid tussen hulle en die priesters by die tempel in Jerusalem tref.

Onder die diverse afgode en altare wat hy laat afbreek, is ook die altaar in Bet-El, die een wat Jerobeam opgerig het.  En in vervulling van die profesie van die naamlose man van God (1 Kon 13) word mensbeendere op die altaar verbrand.  Josia reinig dus nie net sy eie land, Juda, van afgode nie, maar ook dele van die grondgebied van Israel, so ver as Samaria.  Dit alles mond uit op ‘n grootse Paasfees.

Die Konings skrywers vind Josia doodgewoon onbesproke: “Daar was nie voor hom nog so ‘n koning soos hy wat hom tot die Here bekeer het met sy hele hart en siel en met al sy kragte in ooreenstemming met die hele wet van Moses nie” (23:25).  Tog laat die Here sy toorn oor Juda nie vaar nie, spesifiek oor Josia se pa, Manasse, nie.  En die skrif is aan die muur vir die ballingskap, met vier slegte konings wat een na die ander doen wat verkeerd is in die oë van die Here: Joahas, Jojakim, Jojagin en uiteindelik Sedekia, die laaste koning van Juda.

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed