2 Konings 8 – God bly getrou aan sy beloftes
Die eerste klein verhaaltjie van dié hoofstuk skets ’n ander kant van Gehasi, waar hy nie net oor sy eie voorspoed bekommerd is nie, maar ook oor dié van ander. Hier help hy die Sunnemitiese weduwee (vgl hfst. 4) om haar grond na die droogte terug te kry. Net jammer dat die koning nie uit dié en ander verhale van God se sorg tot gehoorsaamheid beweeg is nie! ’n Mens wonder of Gehasi nog melaats is, maar die skrywers laat ons in die duister daaroor.
Ek dink baie mense wil heimlik weet wat die toekoms vir hulle en ander inhou. Moontlik omdat dit jou sekerheid kan gee oor wat gaan gebeur, en jy jou beter daarop kan voorberei. Dié verhaal van Elisa en Gasael wys my egter dat sulke kennis nie altyd iets is wat vrede en geluk bring nie. Die openbaring van die Here laat Elisa in trane uitbars, omdat hy sien watter leed Gasael nie net in Aram gaan veroorsaak nie, maar ook in Israel. En die visie word onmiddellik waar as Gasael vir Ben-Hadad vermoor.
Ek dink dit is een van die redes waarom Jesus later ons sou aanraai om te fokus op vandag en wat God se wil vir vandag is, en doelbewus die dag van môre in die hand van die Here te los en Hom daarvoor te vertrou.
God se getrouheid aan sy beloftes word te midde van die ongehoorsaamheid van Joram en Ahasia volgehou, volgens die skrywers as gevolg van hulle band met die Agabshuis. Juda het dus nie enige aanspraak op beskerming vanweë hulle eie prestasie nie, maar net op grond van God wat genadig wil wees ter wille van Dawid.
Tags: Konings
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!