Inligting oor die streke waar die evangelie verkondig is
Hier is ’n paar aantekeninge oor die streke wat ter sprake kom in Lukas en Handelinge[1]:
Palestina
- Galilea – klein dorpies, kultureel verwyderd van die stedelike gebiede.
- Jerusalem – stedelike gebied in Judea
Antiogië in Sirië
- Westerse en Oosterse kulture in kontak en konflik
- Joodse en Griekse Christene in konflik
- Verskeie opvoedkundige inrigtings – eerste eksegetiese skole
- fokus op literêr-historiese lees van die Bybel (taal en konteks)
- Chrysostomus is ‘n uitnemende (4de eeuse) voorbeeld hiervan
- Evangelie van Matteus moontlik hier geskryf
- Groot sendingreise (Paulus) hiervandaan af bedryf.
Efese – Klein-Asië (Turkye)
- Belangrike handelsentrum
- stad van die godin Artemis (Griekse vrugbaarheidsgodin, later geïdentifiseer met Diana, ‘n Romeinse godin)
- keiserkultus baie lewendig.
- Paulus het verskeie kere hier aangedoen (Tweede sendingreis: Hand 18:9; Derde sendingreis Hand 19:1).
- Johannes het ook hier gewerk
- Johannes evangelie moontlik hier geskryf,
- sowel as die Openbaring van Johannes op die eiland Patmos daar naby, waarvan die 7 briewe in hoofstuk 2-3 aan gemeentes van die omgewing gerig is, die eerste een aan Efese (2:1-7).
Filippi en Tessalonika – Masedonië (Noord-Griekeland)
- Filippi = “Klein Rome”, poort van Asië na Europa, met ‘n klomp oud Romeinse soldate wat hier gewoon het.
- Paulus hier ‘n tyd in die tronk.
Korinte: Agaje (Suid-Griekeland)
- Godin Afrodite (liefde) aanbid sowel as ‘n lewendige Isis-kultus (Egiptiese godin)
- Telkens sprake van konflik en groepvorming in die Christelike gemeenskap
Rome
- 40 000 Jode (5% van die inwoners)
- Kerk deur gewone gelowige Jode gestig, nie deur die apostels nie
Alexandrië – Egipte
- Bekend vir museum en uitstekende biblioteek wat dit ‘n sentrum van intellektuele aktiwiteit gemaak het
- Philo, belangrike Joodse denker en skrywer, bly en werk hier
- Latere skool van Alexandrië fokus op ‘n allegoriese lees van die Bybel waarin die geestelike en Christelike betekenis van die teks belangrik was. Clemens en Origenes (2de eeu) baie bekende eksponente.
[1] Vergelyk Ian Nell in Hoofstuk 1 van Draers van die waarheid: Nuwe-Testamentiese visies vir die gemeente: “Hoe lees ons die Nuwe Testament as verhaal van die kerk? Hulpmiddels vir die leesproses.” (Burger, C & I Nell [red.] 2002 BUVTON: Stellenbosch)
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!