Inligting oor die streke waar die evangelie verkondig is

Written by Chris van Wyk on 27/06/2011. Posted in Lukas-Handelinge

Print Friendly
Hier is ’n paar aantekeninge oor die streke wat ter sprake kom in Lukas en Handelinge[1]:

Palestina

  • Galilea – klein dorpies, kultureel verwyderd van die stedelike gebiede.
  • Jerusalem – stedelike gebied in Judea

Antiogië in Sirië

  • Westerse en Oosterse kulture in kontak en konflik
  • Joodse en Griekse Christene in konflik
  • Verskeie opvoedkundige inrigtings – eerste eksegetiese skole
    • fokus op literêr-historiese lees van die Bybel (taal en konteks)
    • Chrysostomus is ‘n uitnemende (4de eeuse) voorbeeld hiervan
    • Evangelie van Matteus moontlik hier geskryf
    • Groot sendingreise (Paulus) hiervandaan af bedryf.

Efese – Klein-Asië (Turkye)

  • Belangrike handelsentrum
    • stad van die godin Artemis (Griekse vrugbaarheidsgodin, later geïdentifiseer met Diana, ‘n Romeinse godin)
    • keiserkultus baie lewendig.
    • Paulus het verskeie kere hier aangedoen (Tweede sendingreis: Hand 18:9; Derde sendingreis Hand 19:1).
    • Johannes het ook hier gewerk
      • Johannes evangelie moontlik hier geskryf,
      • sowel as die Openbaring van Johannes op die eiland Patmos daar naby, waarvan die 7 briewe in hoofstuk 2-3 aan gemeentes van die omgewing gerig is, die eerste een aan Efese (2:1-7).

Filippi en Tessalonika – Masedonië (Noord-Griekeland)

  • Filippi = “Klein Rome”, poort van Asië na Europa, met ‘n klomp oud Romeinse soldate wat hier gewoon het.
  • Paulus hier ‘n tyd in die tronk.

Korinte: Agaje (Suid-Griekeland)

  • Godin Afrodite (liefde) aanbid sowel as ‘n lewendige Isis-kultus (Egiptiese godin)
  • Telkens sprake van konflik en groepvorming in die Christelike gemeenskap

Rome

  • 40 000 Jode (5% van die inwoners)
  • Kerk deur gewone gelowige Jode gestig, nie deur die apostels nie

Alexandrië – Egipte

  • Bekend vir museum en uitstekende biblioteek wat dit ‘n sentrum van intellektuele aktiwiteit gemaak het
  • Philo, belangrike Joodse denker en skrywer, bly en werk hier
  • Latere skool van Alexandrië fokus op ‘n allegoriese lees van die Bybel waarin die geestelike en Christelike betekenis van die teks belangrik was.  Clemens en Origenes (2de eeu) baie bekende eksponente.

[1] Vergelyk Ian Nell in Hoofstuk 1 van Draers van die waarheid: Nuwe-Testamentiese visies vir die gemeente: “Hoe lees ons die Nuwe Testament as verhaal van die kerk? Hulpmiddels vir die leesproses.” (Burger, C & I Nell [red.] 2002 BUVTON: Stellenbosch)

 

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed