Kulture

Written by Chris van Wyk on 27/06/2011. Posted in Lukas-Handelinge

Print Friendly
Ek gee ook enkele aantekeninge oor die 3 van die kulture wat jy in jou leeswerk sal teëkom:

Jode

  • Twee groepe:
    • Jode in Palestina
    • Jode in die verstrooiing (diaspora)
    • Sinagoges dikwels die aanknopingspunte vir die apostels.
    • Uiteenlopende godsdienstige partye met verskillende politieke aksente:
      • Fariseërs – godsdienstig konserwatief, vroom, eie stel wette (2 eeue v.C in tyd van Makkabeërs ontstaan).
      • Sadduseërs – godsdienstig liberaal, aristokraties, meerderheid in Sanhedrin (Joodse Raad).
      • Esseners – sterk moralisties, tog nie wetties, intense Skrifstudie by die Dooie See – 1948 Dooie See rolle!
      • Selote – fanatieke opposisie-party teen die Romeine, ondergronds, gewelddadig: Simon, “die fanatikus” (Selotes) was ‘n dissipel (Luk 6:15); Judas, die Galileër (Hand 5:37 – genoem in die toespraak van Gamaliël in die verhoor van Petrus en Johannes voor die Joodse Raad) waarskynlik  hul leier.
      • Skrifgeleerdes – rabbi’s uit geledere van beide die Fariseërs en Sadduseër – intense studie van die Ou-Testamentiese wet (Tora = Pentateug).
      • Herodiane – lojale ondersteuners van die Herodes konings in diens van die Romeinse ryk – in opposisie met die Fariseërs (Matt 22:16 – soms het hulle saamgesweer!).

Grieke

  • Nie meer ‘n politieke mag nie, wel ‘n kulturele en filosofiese mag.  Paulus se leringe in die Nuwe Testament (Handelinge 17:18):
    • staan veral teenoor die idees van Epikuris (3de eeu v.C.) van die Epikureërs – wat glo dat die grootste goed was om eenvoudige plesier na te streef en pyn te vermy.  Dit kon jy doen deur kennis, vriendskap en matigheid.  Dit staan teenoor die radikaliteit van die offervaardigheid van Christus en die lewe van gehoorsaamheid aan God in dissipelskap.
    • knoop aan by die idees van Zeno (ook 3de eeu v.C.) wat die Stoïsynse beweging begin het – wat klem gelê het op self-beheersing en die regte gedrag ten spyte van impulse van buite af – en transformeer dit in sy toespraak op die Areopagus, waar hy een van die Stoïsynse digters, Aratus, aanhaal: “Ons stam ook van Hom af.”
    • Grieks is die amptelike wêreldtaal.
    • Nuwe Testament is in koine-Grieks geskryf.

Romeine

  • Wet en orde hoog op hulle prioriteitslys – daarom volkere met reg en billikheid behandel.
  • Groot invloed, tot vandag toe nog, op regeringsvorme en die regstelsel.
  • Nie regtig geïnteresseerd in ‘n komplekse godsdiens sisteem nie – roep die hulp van gode in wanneer hulle dit nodig gehad het.

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed