Oorsig van Lukas

Written by Chris van Wyk on 27/06/2011. Posted in Lukas-Handelinge

Print Friendly
Dit sal jou help in die deurlees van die evangelie van Lukas om eers ’n breë oorsig te kry oor die inhoud en temas wat Lukas aan die orde stel (ek gee ’n soortgelyke oorsig oor Handelinge) [1]:
Lukas vertel die storie van die redding van Israel wat deur Jesus en die Gees te weeg gebring word.
Hy beklemtoon:

 

  • Die Messias het na sy mense gekom, wat die belofte aan die heidene insluit.
  • Jesus het vir die verlorenes gekom, wat die gemarginaliseerdes insluit.
  • Jesus tree op in die krag van die Heilige Gees.
  • Jesus se dood en opstanding is noodsaaklik vir die vergifnis van sonde.

Hy plaas die storie van Jesus in die konteks van wêreldgeskiedenis (hoofstuk 2-3).

Hy sluit die Gees se voortgaande bediening in en deur die kerk in Handelinge in.

Interessant is Lukas 1:1-4, die begin van die evangelie, en Handelinge 28:30-31, die einde van sy verhaal, wat in perfek gestileerde Grieks geskryf is, met alles tussen-in in meer Joods-klinkende Grieks.

Indeling:

Hoofstuk 1-2 lei die verhaal in en antisipeer al die hooftemas:

  • Verwysings na Ou Testament beloftes
  • Jesus as die Dawidiese koning
  • Die Redding van Israel
  • Die insluiting van die heidene
  • God wat omgee vir die armes
  • Die rol van die Heilige Gees
  • Die verwagte teenstand
  • Die vreugde oor die evangelie van Jesus

Hoofstuk 3-4:13 verbind die bediening van Johannes die doper en Jesus.

  • Jesus word voorgestel aan Israel as ‘n gedoopte en ‘n getoetste.
  • Hy word deur sy geslagsregister, wat tot by Adam gegee word, aan die heidense sending gekoppel.

Hoofstuk 4:14-9:50 speel af in Galilea meesal in die platteland:

  • Jesus onderrig en genees in Galilea.
  • Die eerste optrede op ‘n Sabbat is ‘n prototipe van wat gaan volg:
  • Ou Testament beloftes word vervul
  • Die Gees rus op die Messias
  • Sy bediening is goeie nuus vir die armes
  • Die heidene word ingesluit
  • Sommige in Israel sal Hom verwerp

Hoofstuk 9:51-19:44 speel af “op pad na Jerusalem”.

  • Jesus begin die reis na Jerusalem “vasbeslote” (9:51; 10:38; 13:22; 17:11; 18:31)
  • Jesus versamel steeds dissipels om Hom, daag almal uit met sy onderrig, verwerp ‘n Farisese verstaan van God en word verwerp deur die religieuse en politiese leiers.

Hoofstuk 19:45-24:53 speel in die stad Jerusalem af.

  • Jesus word verwerp deur die Joodse leiers en gekruisig.
  • Die kruis en opstanding was egter die redding van Israel.
  • Dit eindig met Jesus se hemelvaart en die dissipels se vreugde.

[1] Vgl “The Gospels and Acts in the Biblical Story” in How to Read the Bible book by book deur Gordon Fee en Douglas Stuart (2002, Zondervan: Grand Rapids, Michigan, p 267 e.v.

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed