Riglyne vir die lees van Lukas

Written by Chris van Wyk on 27/06/2011. Posted in Lukas-Handelinge

Print Friendly
Let op vir die volgende aksente van Lukas:

Lukas se primêre fokus is op die redding van Israel met die belofte van die insluiting van die heidene.

  • Hierdie redding beteken dat God sondaars aanvaar en vergewe.
  • Dit is goeie nuus vir die armes (4:18; 7:22).
  • Dit is goeie nuus vir alle gemarginaliseerdes (ryk belastinggaarders – 19:1-9; [ekonomies] armes, kreupeles, verlamdes, blindes – 14:1; Samaritane – 17:11; vroue – 7:36; 8:2; 10:38)
  • Dat dit die heidene insluit, word veral vir die tweede deel van die verhaal in Handelinge gehou:
  • In Lukas is die universalisering van die redding VERTIKAAL – dit sluit alle Jode uit alle lae van die samelewing in.
  • In Handelinge is die universalisering van die redding HORISONTAAL – dit fokus veral op die heidene en die opmars van die evangelie van Jerusalem na Rome toe.

Die tempel (Sion) speel ‘n betekenisvolle rol in Lukas-Handelinge.

  • Die Messias word tot beskikking gestel en as sodanig herken in die tempel (2:21).
  • Die enigste kinderverhaal van Jesus in die evangelies speel in die tempel af (2:41).
  • Hy maak die tempel “simbolies” skoon deur die handelaars uit te jaag (19:45).
  • Sy laaste onderrig word in die tempel gegee (20:1-21:38).
  • Die uitstorting van die Heilige Gees en die eerste verkondiging van die evangelie vind in die tempel plaas (Hand 2-6).
  • Jesus voorspel ook die vernietiging van die tempel (Luk 21:20), want in die nuwe era van redding bly God nie meer in ‘n mensgemaakte tempel nie (Hand 7:48).

Die verwerping van Jesus deur baie in Israel, veral die religieuse leiers.

  • Dit vervul die profesie van Simeon (2:34).
  • Dit begin reeds met die eerste optrede op die Sabbat in Nasaret (4:16).
  • Die verwerping bereik ‘n hoogtepunt met die kruisiging van Jesus.
  • Dit word ‘n belangrike tema in Handelinge.

Die boek van Jesaja speel ‘n belangrike rol in Lukas

  • Simeon se profesie eggo Jesaja se klem op die nasies (Luk 2:32 – Jes 49:6).
  • Die bediening van Johannes die doper word met Jesaja se visie van ‘n universele redding gekoppel (Luk 3:4-6 – Jes 40:3-5).
  • Jesus begin sy openbare bediening met ‘n aanhaling uit Jesaja (Luk 4:18-19 – Jes 61:1-2).
  • Jesaja se profesieë oor die Lydende Kneg is die sleutel om Jesus se aardse bediening te verstaan (Luk 22:37; Hand 8:32 – Jes 53).
  • Die verwerping van Jesus ook in Rome word deur Paulus aan Jesaja se roepingvisioen gekoppel (Hand 28:26-27 – Jes 6:9-10; Vgl ook sy aanhaling van Jes 49:6 om sy bediening aan die heidene te motiveer op sy eerste sendingreis in Handelinge 13:47, wanneer die Jode sy boodskap teenstaan in Antiochië in Pisidië [Turkye]).

Die Psalms speel ook ‘n belangrike rol in Lukas

  • Jesus kom na die tempel as Israel se regmatige Koning (Lukas 20:17, 42-42; Hand 2:34-35; 4:11,25-26 – Ps 2 [“die leiers span saam teen die Here en teen sy gesalfde”], 110 [“Kom sit aan my regterhand”], 118 [“”Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword”]).

Die Heilige Gees speel ‘n deurslaggewende rol in Lukas en Handelinge.

  • Die Gees het ‘n vername rol reeds in Lukas 1-2 (1:35 – bewerk die maagdelike ontvangenis; 1:41 – wek die verwagting van die koms van die Messias; 1:67 – neem besit van Sagaria sodat hy die lofsang kan uitspreek; 2:25 – vul die lewe van Simeon en Anna) maar ook reg deur die bediening van Jesus.
  • Alles wat Jesus doen in voorbereiding vir sy bediening word deur die Gees begelei (3-4:11).
  • Jesus verbind baie spesifiek sy bediening aan die Gees met sy eerste optrede in Nasaret (4:18).
  • Die Gees word ook geskenk aan elkeen wat die Vader daarvoor bid (11:13).
  • Vir sy dissipels is die Gees die krag om hulle roeping te gehoorsaam (24:49).
  • Regdeur Handelinge word dié tema volgehou.

Gebed en vreugde word beklemtoon in Lukas en Handelinge.

  • Jesus bid by elke belangrike wending in sy bediening (4:42 – vertrek na ‘n eensame plek net voor die roeping van eerste dissipels en die uitbreiding van sy bediening in Galilea; 6:12 – bid voor die keuse van die 12 dissipels en die lewering van die bergrede; 9:28 – bid op die berg van verheerliking en net voor Hy die pad na Jerusalem aandurf en die 72 sendelinge uitstuur; 11:1 – bid net voor sy onderrig oor gebed; 21:37 – Jesus vertoef elke nag op die Olyfberg voor elke dag se onderrig in die tempel; 22:30 – Jesus bid ”volgens gewoonte” ‘n laaste keer op die Olyfberg [Getsémané] net voor die kruisiging.)
  • Jesus gee meer onderrig oor gebed in Lukas as in die ander Evangelies.
  • Die goeie nuus van die evangelie laat mense gereeld in vreugde reageer – Lukas sluit bv.  sy evangelie daarmee af.

 

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed