Lukas 1:57-80 – God se lig rig ons voetstappe op die pad van vrede

Written by Chris van Wyk on 22/07/2011. Posted in Lukas

Print Friendly
Hierdie gedeelte gaan oor die vervulling van die belofte aan Sagaria, en sy profesie daarna oor die Verlosser  en sy Voorloper.

1:57-66

Let op hoe die wonder wat God doen ’n uitkringende effek het.  Wat in die privaatheid van die tempel aangekondig is, gekoester is deur Elisabet en die naby familie, het hier met die geboorte van Johannes ’n publieke effek op die bure, die gemeenskap en selfs in die wyer landstreek van Judea.   Johannes se geboorte lei dus tot groot vreugde en ontsag in die publiek vir wat God doen.  Die wonders van God is bedoel as publieke tekens van sy goedheid en mag.

Dit tref my hoe Lukas skryf dat dit duidelik was dat die Here by hom was, iets wat na Pinksterdag eintlik elke kind van God se deel kan wees.

1:67-80

Sagaria kom aan die woord en profeteer onder leiding van die Heilige Gees:

  • oor die Verlosser wat volgens die belofte die volk weer vroom (heilig) en opreg (regverdig) en sonder vrees vir hulle vyande sal laat lewe, en
  • oor die Voorloper, Johannes (die naam beteken God is genadig), wat die pad vir Hom sal voorberei, interessant genoeg om hulle deur vergifnis en die lig wat Hy gee op die pad van vrede te laat loop.

Dit laat my besef dat daar ‘n unieke pad is wat Jesus vir elkeen van ons het, waar ons in die lig lewe wat Hy oor ons pad gooi.  En dat dit ons strewe moet wees om alles wat ons doen doelbewus in Sy lig te bring.  Vrede het nie in die eerste plek te make met die afwesigheid van stryd nie, maar het te make met die bewussyn dat ons in God se wil (lig) lewe.  God se lig rig ons voetstappe op die pad van vrede.

Johannes het grootgeword en is geestelik versterk (bekragtig deur/in die g[G]ees – dit kan geestelik of Geestelik verstaan word).  Maar let op, dat sy openbare bediening eers gebeur op die tyd wat God bepaal.  Daar is vir hierdie Voorloper ’n tyd van voorbereiding nodig soos dit ook was met heelwat ander Godsfigure, Moses en Dawid in die OT, en in die NT Jesus en Paulus.

My oorheersende indruk van die eerste hoofstuk is die leidende rol wat God deur sy Heilige Gees speel in die praktyk en roeping van elkeen van die gelowiges se lewens. En Jesus word voor sy geboorte al die Lig genoem wat die pad wat ons loop, sal bepaal. Jesus is die anatolê, die hemelse lig, wat – soos Johannes ook in sy evangelie se proloog, hfst. 1, sal skryf – alles verander.


related post

Trackback from your site.

Comments (1)

  • rien
    24/07/2011 at 20:06 |

    Ek het so `n bietjie meer oor Lukas se agtergrond gelees, en sy belewenes van God se werke wat hom gemotiveer het om onderhoude met die dissiepels en Maria te voer oor Jesus. Dit motiveer my net meer om te weet dat God in beheer is en kragtig deur mense werk, werk wat groter as mense se begrip is. Dis werke wat ALLA mense insluit, ook vir my.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed