Lukas 18:1-19:44 – God is meer as gewillig om gebede te beantwoord

Written by Chris van Wyk on 10/08/2011. Posted in Lukas

Print Friendly
Onthou dat Jesus steeds vasbeslote op pad is na Jerusalem.  Sy gesprekke en gelykenisse het dus ’n dringendheid en skerpheid om sy boodskap finaal tuis te bring.  Hy praat oor:
  • volharding in gebed (18:1-8 – gelykenis van die weduwee en die regter),
  • nederigheid teenoor God (18:9-14 – gelykenis van die Fariseër en die tollenaar),
  • kinders wat welkom is by Hom en in die koninkryk (18:15-17) en oor
  • die ewige lewe wat ’n geskenk van God is vir elkeen wat Jesus navolg (18:18-30 – die verhaal van die ryk jongman).

’n Bietjie meer oor die gelykenis van die weduwee en die regter

Waar Jesus in hoofstuk 16 die gelykenis van die oneerlike bestuurder vertel het, vertel Hy hier in hoofstuk 18 die gelykenis van die onregverdige regter. In beide gevalle word dieselfde byvoeglike naamwoord gebruik – adikia – om die persone te beskrywe, wat onderskeidelik die betekenis dra van oneerlik (bestuurder) en onregverdig (regter).

Waar Jesus die vreemde gelykenis van die oneerlike bestuurder gebruik het om die dissipels tot integriteit en betroubaarheid aan te spoor, gebruik Hy hierdie gelykenis van die onregverdige regter om die dissipels tot volhardende gebed aan te spoor en nie moedeloos te word nie. Wat die interpretasie hier makliker maak, is dat Jesus sy dissipels aanspoor om soos die weduwee aan te hou vra, teenoor die vorige gelykenis waar Jesus hulle aanspoor om die bestuurder se voorbeeld na te streef, maar net nie ter wille van hulleself nie, maar ter wille van die koninkryk.

Die Godsbeeld wat Jesus hier teken is van ‘n God wat nie slaap nie, en sy uitverkorenes se gebede om verlossing hoor en inderdaad verhoor. Hy sal reg laat geskied – die Griekse frase beteken letterlik: Hy sal regstel (of wraak neem, of herstel bring – in Engels revenge, retribution).

Die vraag is dus nie of God sal optree nie – Hy sal.  Die vraag is of die dissipels (en ons) met dié geloof sal lewe en sal volhard, dag en nag, in gebed tot God.

Jesus word met juiging in Jerusalem verwelkom

Jesus kondig vir die derde keer sy naderende dood aan vir die twaalf, hoewel hulle dit steeds nie begryp het nie (18:31-34).  Jesus se genesing van die blinde man by Jerigo (18:35-43) staan dus skerp in kontras met hulle geestelike blindheid.

Let op hoe die blinde man Jesus se identiteit bevestig met sy uitroep: “Jesus, Seun van Dawid”.  En Jesus ontferm Hom oor die blinde, en doen dan presies wat die blinde oor Hom bely het.  Let ook op hoe die blinde Jesus onmiddellik begin volg, anders as die ryk jongman van 18:18-30.

Die innemende verhaal van Saggeus (19:1-10), die hooftollenaar wat tot bekering kom en met oorvloed restitusie doen – vierdubbel teruggee wat hy afgepers het – en die helfte van sy goed met die armes deel, staan ook in skerp kontras met die verhaal van die ryk jongman.  Hy ontvang Jesus met blydskap en reageer met dieselfde tipe vrygewigheid waarmee God in die gelykenis van die weduwee en die regter geteken word.

Die tema van besittings wat ’n deurlopende motief in die verhaal op pad na Jerusalem is (hfst. 9-19) word voortgesit met die gelykenis van die goue muntstukke (19:11-27) wat aan die een kant die belang van betroubaarheid illustreer, en aan die ander kant ’n veroordeling van die Fariseërs en die Joodse leiers is wat Hom nie as Koning erken het nie.  Let ook op dat Jesus aan die begin uitspel dat Hy ook die mense se spoedige verwagting van die koms van die koninkryk wou inperk, waarskynlik aangesien Hy geweet het dat die evangelie die hele wêreld nog moes in.

Uiteindelik bereik Jesus dan Jerusalem en ry met ’n donkie die stad binne, in vervulling van die profesie in Sagaria 9:9 met die hele skare juigende volgelinge wat God uit volle bors prys oor al die wonderwerke wat hulle al gesien het (Ps 118:26).


related post

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed