Lukas 23:1-56 – Die Onskuldige sterf vir ons die skuldiges

Written by Chris van Wyk on 16/08/2011. Posted in Lukas

Print Friendly

Dit bly darem ongelooflik dat die Joodse leiers dit regkry om ten spyte van Jesus se onskuld, die doodstraf vir Jesus te bewerkstellig.

  • In die eerste verhoor deur die Joodse Raad self, vind hulle Hom skuldig aan iets wat hulleself nie glo nie, dat Hy sê dat Hy die Christus is (22:66-71).
  • In die tweede verhoor deur Pilatus, die Romeinse goewerneur, kla die Jode Hom aan dat Hy beweer dat Hy ook die Koning is – ook iets waarin hulle nie glo nie – en bevind Pilatus Hom onskuldig (23:1-5), maar tog word Hy ook na ’n derde verhoor gestuur, dié deur Herodes.
  • In die derde verhoor deur die Joodse koning Herodes, maar ook onderdaan van die Romeinse ryk, verander Herodes se blydskap in veragting, toe Jesus nie vir hom wonderwerke wil doen nie, en dryf Herodes met Jesus die spot en stuur Hom terug na Pilatus (23:6-12).  Let op dat ook Herodes dié bewering dat Hy Koning is verwerp, en daarom eintlik nie ’n rede het om Hom sleg te behandel nie.
  • In die vierde verhoor (in wese ’n voorsetting van die tweede verhoor) is Pilatus eksplisiet in sy onskuldigbevinding (“geen grond vir die aanklag”) en tog swig hy onder die druk van die moordlustigheid van die Joodse leiers en gee Jesus in die teenwoordigheid van al die Jode, ook die skare wat so graag na Hom geluister het, oor om gekruisig te word (23:13-25).

Dat Jesus onskuldig gekruisig word, staan dus onbestrede, in die eerste plek deur die getuienis van Pilatus, maar ironies genoeg, ook in die tweede plek juis deur die optrede van die aanklaers, die Jode.  Hy, die Onskuldige, sterf vir ons, die skuldiges.

In drie verdere tonele beskryf Lukas:

  • Jesus se pad na die kruis (23:26-43), waar Jesus deur Simon van Sirene gehelp word (moontlik dieselfde persoon as Simeon wat later ’n leraar in Antiogië is – Hand 13:1), en Jesus ’n laaste lering gee vir dié wat oor sy naderende dood treur, en tot die redding kom van die een moordenaar wat langs Hom gekruisig word;
  • Jesus se dood aan die kruis (23:44-49) waar veral die heidense offisier wat die onskuld van Jesus bely, terwyl Jesus se vriende en die vroue toekyk, my tref;
  • Jesus se begrafnis na die gebeure van die kruis (23:50-56) waarmee sy fisiese dood onomwonde betuig word.  Nie net het Jesus gesterwe terwyl almal dit gesien het nie, sy dooie liggaam is regtig begrawe.  Let op hoe Lukas praat van die vroue wat gesien en gekyk het en dus daarvan kon getuig het.

Lukas sluit die lydenspad van Jesus af met die frase: “Op die sabbatdag het hulle gerus, soos die gebod bepaal.”  Ironies genoeg was dit ook die tyd van God se herskeppingsproses, waar Hy op die sabbatdag die verlossing van die mensdom bewerk sodat op die Sondagmôre ’n nuwe bedeling kon begin met die opstanding van Jesus uit die dode.


related post

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed