Lukas 24:1-53 – Jesus het werklik opgestaan

Written by Chris van Wyk on 17/08/2011. Posted in Lukas

Print Friendly

Lukas vertel die opstandingsverhaal in vier dele:

  • Die leë graf – 24:1-12
  • Die Emmausgangers – 24:13-35
  • Jesus se verskyning aan die dissipels – 24:36-49
  • Jesus se hemelvaart – 24:50-53

24:1-12

Let op dat Lukas eers sterk klem lê op die leë graf wat deur die vroue en Petrus besoek is.  Net soos dit vir hom belangrik was om Jesus se onskuld voor die verskillende howe in Jerusalem, die godsdienstige (Joodse Raad), die koninklike (Herodes) en die politieke (Pilatus) te beklemtoon, só beklemtoon hy die feitelikheid van die leë graf.

Die twee engele bevestig Sy opstanding en noem Hom die Lewende.  En let veral op dat hulle die opstanding verbind aan Sy eie woorde.  Die opstanding kom dus soos Hyself dit vele kere vir hulle herhaal het, hoewel hulle dit moeilik kon glo.

24:13-35

Die Emmaus-gangers se ervaring met Jesus op die pad – het ons hart nie warm geword nie – noop hulle om Hom in te nooi, al weet hulle nog nie dat dit Hy is nie.  Met die seënbede en die breek van die brood gaan hulle oë egter oop en sien hulle wie Hy werklik is.

Let op dat dit juis hulle gasvryheid is wat hulle hierdie openbaring laat ervaar.  Daarsonder sou hulle dit moontlik gemis het!  Weereens is dit vir Lukas baie belangrik om die verband tussen die gebeure van die opstanding en die Skrifwoord te trek, want dit is ’n geweldige bevestiging van geloof, veral vir dié wat nie die voorreg gehad het om Hom te sien nie.

Hulle kan natuurlik nie alles vir hulleself hou nie, en gaan vertel vir die ander tot almal se groot blydskap.

24:36-49

Maar die verhaal oor Jesus se verskyning word opgevolg deur ’n egte ervaring daarvan deur die dissipels.  En saam met die vredegroet bevestig Hy sy werklike opstanding deur hulle uit te nooi om aan Hom te vat en saam met hulle te eet.

Weereens trek Jesus die verband met die Skrifte (wet van Moses, profete, psalms) waarin ’n geweldige boodskap vir ons sit – ons kan die Skrif glo, ook oor ander dinge.  Want, dit is net mense wat dít glo, wat dit ook sal gaan vertel vir ander, soos Hy inderdaad die opdrag gee.  Daarvoor het hulle egter die Heilige Gees nodig, van wie se uitstorting die volgende deel van sy boek ons sal vertel: Handelinge.

24:50-53

Jesus lei die dissipels uit die stad uit – 40 dae na sy opstanding (Hand 1:3) – en word in die hemel opgeneem.  Hulle gaan vol blydskap terug in afwagting van die uitstorting van die Heilige Gees.  Soos Lukas die evangelie in die tempel begin het, so eindig hy dit met die dissipels wat God in die tempel prys.


related post

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed