Lukas 4:1-13 – Jesus deurstaan die toets

Written by Chris van Wyk on 27/07/2011. Posted in Lukas

Print Friendly
Dit tref my vandag dat alles wat goed is, begin met die werk van die Heilige Gees in jou lewe.  Dit was ook so met Jesus. “Vol van die Heilige Gees” het Jesus van die Jordaan af gekom, om sy bediening te begin.

Maar voordat Hy sy eerste preek kan lewer of genesing kan gee, word Hy getoets soos dit die geval was met bykans alle diensknegte van die Here – Adam, Abraham, Moses, die volk Israel ensomeer.  Jesus word dus die woestyn ingelei om daar nie maar sommer net só ’n klein toetsie te ondergaan nie, maar deur die duiwel self versoek te word.  Daarna sou Hy as getoetste (ook gedoopte) mens en Seun van God sy bediening kon begin.

Dit leer my dat die pad na effektiewe bediening wel kom uit die volheid van die Gees se vervulling, maar ook volgehou moet word deur die felheid van versoeking en die uitdaging van die boosheid wat so maklik vir die waarheid aangesien kan word.

Dit is interessant hoe Jesus se 3 versoekings met van die bedes van die Ons Vader verband hou.

  • Die versoeking rondom brood hou met die bede vir ons daaglikse brood verband.
  • Die versoeking rondom aardse koninkryke hou met die bede om God se koninkryk en sy Naam verband.
  • Die versoeking rondom uitdagende optrede hou met die bede om God se wil verband.
  • In sy geheel hou die episode in die woestyn met die bede om bewaring van versoeking deur die Bose verband.

Dit antwoorde van Jesus is net so belangrik, omdat dit telkens uit Deuteronomium is, wat deel van die wetboek gevorm het, die hart van die OT.  Daaruit sien ’n mens ook dat die fout nie lê in die ding wat jy van God vra nie, maar in die motivering daarvoor (Jak 4:1-10).  ’n Versoek word met die verkeerde motivering ’n versoeking – en daarteen moet ons waak.

Dit leer my ook dat gebed en die Woord die kern van ’n standvastige bediening en lewenstyl is – die kontak met God bewaar my van die versoekings, beide in ’n aanroep van Hom in nood, en in ’n luister na Sy Woord.  ’n Mens sien hier dat die Woord reeds vir Jesus ’n huis was om in te woon – so gemaklik kon Hy die duiwel daaruit antwoord!

Terloops, Lukas ruil die orde van die laaste 2 versoekings om (’n ander orde as in Matteus), waarskynlik om die laaste versoeking wat by die tempel plaasgevind het, te beklemtoon.  Dit hang ook saam met ’n beduidende skuif wat in Lukas-Handelinge merkbaar is, dat waar die tempel nog ’n baie belangrike rol speel in Lukas en die begin van Handelinge – as die plek waar God Homself openbaar – dit in die verloop van die verhaal van Handelinge al hoe meer skuif na die huise van gelowiges – as die plek waar God Homself openbaar.  Daaroor later moontlik weer.


related post

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed