Lukas 6:1-49 – Luister en Leef

Written by Chris van Wyk on 29/07/2011. Posted in Lukas

Print Friendly
Lukas beskryf Jesus se bediening in hierdie hoofstuk uit drie perspektiewe:
  • Dat Jesus die godsdienstige reëls van die sabbatdag relativeer en ondergeskik stel aan die regte verhouding met nekaar en God – 6:1-11;
  • Dat Jesus sy lewe deel met ’n aantal leiers wat Hy uitkies, wat soos ons weet, die impak van sy bediening vermenigvuldig het – 6:12-14;
  • Dat Jesus die lewe gee vir elkeen wat bereid is om te luister na sy woorde EN dit te doen – 6:15-49.

6:1-11

Let weereens op hoe die tema van honger aansluit by die ervaring wat Hy in die woestyn gehad het, en hier tot lering lei oor die sabbatdag se viering.

Dit tref my hoe Jesus die hele wyse waarop die Jode die sabbatdag vier met positiewe inhoud inklee.  Hy wys dat dit ‘n dag is vir fokus op mekaar, op noodbehoewendes, en op goeddoen. Die reëls, wat eintlik net mensgemaak is, moenie in die pad staan van onderlinge verhoudinge en omgee nie. Daarbenewens moet die fokus op goeddoen die deurslag gee, trouens nie net op die sabbatdag nie, maar elke dag.

6:12-14

Geen beweging van waarde het nog ooit ontstaan sonder dat daar nie ’n groepie dissipels was wat ingelei kon word in die boodskap en draers daarvan kon word nie.  Jesus het dit geweet en optimaal benut.  Daarom sonder Hy Homself af, bid, en kies dan twaalf wat by Hom kan leer en uiteindelik die impak van Jesus se evangelie kan vermenigvuldig.  Vergelyk ’n bespreking van die verskillende dissipellyste in die Bybel: Die twaalf dissipels in die evangelies en Handelinge

6:15-49

Die tweede groot ding wat my vandag tref , is hoe Jesus die beginsel van goeddoen deurtrek in terme van die lewenstyl wat Hy kom vestig, en wat in die “vlakte-rede” (Lukas plaas Jesus op ‘n gelykte en nie op die berg soos Matteus nie) uitgespel word.  En in verse 17-19 wys Hy self dat goeddoen geïllustreer moet word met dade en nie net met woorde nie – daarom genees Hy ’n menigte mense.  Dit onderstreep sy lering in verse 20-49 dat “Luister in Leef moet uitmond”, soos die verhaal van die huis op die sand/rots tereg aan die einde van die vlakte-rede te kenne gee.

Let op hoe Jesus:

  • die vlakte-rede inlei met ’n prentjie van die toegewyde lewe aan God, ten spyte van die omstandighede, wat deur God geseën word teenoor die prentjie van die selfgerigte lewe, wat wel korttermyn voordele inhou, maar tot ellende lei – 6:20-26;
  • barmhartigheidselfs vir vyande – verhef tot ’n allesbepalende beginsel en dit fundeer in God se barmhartigheid – 6:27-36;
  • ’n vrygewige nie-veroordelende houding en lewenstyl aanprys, wat ironies genoeg juis lei daartoe dat ’n mens bewus van jou eie tekortkominge ander kan help – 6:37-42;
  • die bron van goeddoen in die hart van ’n mens sentreer, ’n hart wat natuurlik aan God behoort – 6:43-45;
  • en afsluit met die oproep om hierdie dinge ter harte te neem deur dit te doen – en dit aan die baie bekende prentjie van die huis op die rots teenoor die huis op die sand te illustreer.

related post

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed