Lukas 7:1-50 – Jesus het gelowiges en twyfelaars lief

Written by Chris van Wyk on 01/08/2011. Posted in Lukas

Print Friendly
Dit is ’n baie belangrike gedeelte hierdie.  Aan die een kant laat die groot geloof van die offisier Jesus verwonderd.  Aan die ander kant, vermoed ek, laat die twyfel van Johannes die Doper, die grootste aardse mens tot op daardie stadium (7:28), ons verwonderd.  Maar, natuurlik, nie vir Jesus nie.  Want Hy toon deernis met Johannes se twyfel, en kom op ’n ongelooflike kragtige manier vir hom op.  Soos Johannes vir Jesus ’n Voorloper was, so raak Jesus vir Johannes die Verlosser, die Een wat instaan en help en omgee.

Dít is wat my van Jesus so fassineer – Hy laat Hom net deur niks afsit nie, nie eers deur die twyfel van een van die “groot seuns” van Sy tyd nie.  En dit laat my net weer besef, dít is die Een wat ons aanbid; dít is die Een wat vir ons intree (Hebr 9:24); dít is die Een wat alles ten goede laat meewerk (Rom 8:28); dít is die Een wat die Begin en Voleinder is van ons geloof (Hebr 12:2).

Let ook op hoe die erns van die siektes van die mense wat Jesus gesond maak toeneem – die slaaf lê op sterwe. Met die weduwee van Nain wek Jesus dan ook die eerste keer iemand uit die dood uit op.   Wat vir ons sê: Jesus word nie van stryk gebring deur uitdagings nie – Hy is God.

’n Paar kort opmerkings oor die perikope:

7:1-10

Die geloof van die offisier tref my. Hy was waarskynlik een van die godvresende heidene wat hulle met die Joodse geloof geassosieer het.  Jesus se genesing van ‘n afstand af, wys dat Hy inderdaad God is, wat nie aan plek of tyd gebonde is om sy werk te doen nie, soos trouens die opwekking uit die dood ook wys.

7:11-17

Die opwekking van die weduwee se seun, behalwe dat hy dus as broodwinner vir haar sou kon sorg, sou die ingeligte Jode waarskynlik ook kon laat terugdink het aan Elisa wat daar naby – by Sunem (2 Kon 4:18) – ’n vrou se kind uit die dood opgewek het.

7:18-35

Die twyfel van Johannes tref my besonderlik. Dit is juis ná die opwekking van die jong seun dat hy sy kommer uitspreek of Jesus regtig die Een is wat moes kom.  Ek hoor daarin dat hy eintlik vra of sy eie bediening – as Voorloper van die Verlosser – aan die verwagtinge voldoen het.

7:36-50

Die verhaal van die sondige vrou wat in Simon, die Fariseër, se huis haar liefde vir Jesus demonstreer, wys nie net die kontrasterende reaksies op Jesus nie, maar ook Sy Goddelike vermoë om sondes te vergewe.


related post

Trackback from your site.

Comments (4)

  • Ilse Roos
    07/08/2011 at 17:09 |

    Chris, oor die twyfel by Johanness die Doper :
    Na aanleiding van wat in Jes 61 en 58:6 geskryf staan, is dit moontlik,volgens Bybel Verklaar, dat hy verwag het dat as die Messias kom,alle gevangenis bevry sou word,en hier bevind hy hom dan nog indie tronk.Dit was .toe ons hd deel gedoen het,vir my nogal ‘n aanvaarbare verklaring.Beteken die feit dat jy dit nie nou opgehaal het nie,dat jy dit nie as ‘n moontlikheid sien nie?

    • Chris van Wyk
      07/08/2011 at 17:37 |

      Ek dink steeds Johannes het gewonder oor hoe Jesus se boodskap rym met die feit dat hy wat Johannes is in die tronk sit. Wat verder insiggewend is, is dat Jesus in sy antwoord juis die deel van sy missie – om vrylating vir gevangenes uit te roep (Luk 4:18) – uitlaat, wat implisiet vir Johannes gesê het dat Jesus hom nie nou gaan verlos uit die tronk nie. En ons weet Johannes is in die tronk doodgemaak. Dit belig n kant van die evangelie, waar die belofte van verlossing nie in vervulling gaan nie, omdat God iets anders beoog, iets wat in Jesus se dood natuurlik ook die geval was. Hebreers 11 skryf daaroor.

  • Jolize
    03/08/2011 at 20:33 |

    Ek het hierdie week erens raakgelees dat daar ‘n paar mense in daardie tyd voorgegee het om Jesus te wees. Dalk was dit een van die redes vir die vraag in 7:18-35

    • Chris van Wyk
      03/08/2011 at 22:11 |

      Jy is reg – nie soseer Jesus as sodanig nie, maar wel die Messias of Verlosser. En dit kan die rede vir die vraag wees, maar dit hang ook saam met die verwagtinge wat daar in elk geval vanuit hulle lees van die Bybel was.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed