Lukas 8:1-56 – Toegewy aan God in voor- en teëspoed
En dit is juis dan wat Jesus die gelykenis van die saaier vertel, waarmee Lukas nie net iets sê oor die koms van die koninkryk nie, maar ook oor die wyse waarop Jesus dit uitgevoer het, want die wêreld was Jesus se saailand.
Die wyse waarop Jesus uitspel hoe ’n mens (100 voudige) vrug dra, tref my vandag besonderlik. Wat dié gedeelte sê, is dat vrug gedra word deur 1) bewaring van Sy woorde en 2) volharding in die gehoorsaamheid daaraan. Die geheim van ’n ryk en vol Christelike lewe lê in bewaring of koestering van God se woorde en die volharding daarin.
In kontras met dié wie se vrug verstik word, lyk dit vir, dat vrug-dra beteken om:
- aan die een kant nee te sê vir die verleiding van die rykdom en die genietinge van die wêreld, sowel as vir die verleiding van sorge oor allerlei – beide voorspoed as teëspoed kan ons in ons toewyding laat verslap! – en
- aan die ander kant voluit ja te sê vir God se wil deur die woord van God te bewaar, daarin te volhard, en so vrug te dra.
Soos Jesus dit in die Bergrede – volgens Matteus – gestel het: “beywer julle allereers vir die koninkryk en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee” (6:33).
En dit alles begin by hoe ons luister.
Let op hoe Jesus in die res van die hoofstuk sy eie gehoorsaamheid illustreer deur die goed te hanteer wat God oor Sy pad gebring het: die stilmaak van die storm, die genesing van Legio, die vrou wat aan bloedvloeiing gely het, en die opwekking van Jaïrus se dogter.
Let weer op die progressie, soos in die vorige hoofstuk, die wonders neem toe in intensiteit, met die opwekking van die dogtertjie uit die dood, die klimaks. Vir ’n tweede keer suggereer Lukas dus dat die opwekking uit die dood ’n hoogtepunt van Jesus se bediening verteenwoordig … waarvan Sy eie opwekking die finale klimaks sal wees.
related post
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!