Lukas 9:1-50 – God is getrou om ons alles te gee wat ons in die bediening nodig het

Written by Chris van Wyk on 03/08/2011. Posted in Lukas

Print Friendly
Jesus begin al hoe meer op die 12 fokus. En soos Hyself in hoofstuk 8 die koninkryk gaan verkondig het van een dorp en stad na die ander, stuur Hy hulle nou om met Sy gesag dieselfde te doen, siekes gesond te maak, bose geeste uit te dryf en so die koninkryk te verkondig.  Die opdrag sal in hoofstuk 10 verder uitgebrei word na ’n verdere 72 dissipels wat uitgestuur word op Sy pad na Jerusalem.  Na Sy Opstanding sal die opdrag na alle dissipels uitgebrei word wat oor die hele wêreld die koninkryk van God moet gaan verkondig.

Let op dat Jesus hulle opdrag gee om niks vir die reis saam te vat nie, nie eers brood nie. Hierdie opdrag dwing hulle dus om op twee goed te vertrou: 1) die gasvryheid van die mense en 2) God se getrouheid.

Dit plaas die wonder van die vermeerdering van die brood en vissies in ‘n heel ander lig (9:12-17). Die gawe van brood en visse wat hulle vir Jesus aanbied, ten spyte van hulle eie perspektief dat dit te min is, is in die eerste plek ’n getuienis van die gasvryheid van die mense.  En in die tweede plek is dié min in God se hand genoeg.  Die oorvloedige vermeerdering van die voedsel is op ’n ongelooflike beslissende manier ’n getuienis van God se getrouheid.  En let op dat daar ’n hele 12 mandjies oorbly, baie meer as waarmee hulle begin het, as’t ware een vir elke dissipel (!), met die implisiete boodskap: God sal voorsien op hulle pad met die evangelie.  Hulle kan Hom vertrou.

Die verhaaltjie tussen die uitstuur en broodvermeerdering, dié oor Herodes se onsekerheid is opvallend.  Aan die een kant eggo dit die twyfel van Johannes die Doper in hoofstuk 7, net van ’n ander ongelowige kant af.  Aan die ander kant staan dit in sterk kontras met die sekerheid van Jesus in sy optrede en die gesag waarmee Hy dit doen, en boonop die gesag wat Hy aan sy dissipels gee. Herodes, die sogenaamde heerser, is onseker.  Jesus, die ware heerser, is seker van wat Hy doen!

Daarmee het die tyd dan ook vir Jesus aangebreek om sy dissipels in te lei in die ware doel van Sy koms na die aarde.  Waarskynlik het Jesus besef met die sukses van die uitgebreide bediening deur die 12, en veral die belydenis van Petrus dat Hy die Gesalfde (Messias) van God is, dat die tyd ryp is vir hulle (en Hom) dat Hy Hom kan gee vir sy verwerping, kruisdood, en opstanding.  Daarom begin Hy met hulle daaroor gesels (9:18-22 en 44-45).

Let op hoe Jesus tussen dié twee aankondigings oor sy naderende dood hulle:

  • inlig oor die eise van dissipelskap (9:23-27),
  • blootstel aan die heerlikheid wat wag, geïllustreer deur Sy eie verheerliking op die berg (9:28-36),
  • ’n seun gesond maak waarmee hulle gesukkel het (9:37-43).

Daardeur beklemtoon Hy die noodsaak om te volhard, maar nie só dat hulle eintlik maar op hulle eie vermoëns moet staatmaak nie, maar op sy grootheid moet vertrou in hulle werk.  Moeilike genesings word hanteer deur ‘n vaste geloof in die grootheid van God, nie deur ’n vertroue op jouself nie.

Jesus vervolg met ‘n les in nederigheid (oor wie belangrik is – 9:46-48) en hoe diversiteit hanteer moet word (mense wat nie saam met die 12 is nie, maar tog die Here dien – 9:49-50), voordat ’n wending in die evangelie intree en Hy vasbeslote die reis na Jerusalem begin.


related post

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed