WEEK 1: Lukas 1:1-4:13
Voor ons begin om te lees, ’n paar opmerkings wat meer breedvoerig in die inleidende gedeeltes hanteer word:
- Die doel van ons reis deur Lukas en Handelinge is dat jy die breë boodskap van die verhale raaklees en die betekenis en die impak daarvan vir jou lewe te oorweeg. Daarom is dit so belangrik om jou leeswerk te joernaal. Dit help met die nadenke oor die gedeeltes en word mettertyd ‘n kragtige geestelike hulpmiddel om die stem van die Here te kan onderskei.
- Jy kan enige sisteem gebruik om vir jou aantekeninge te maak, selfs kort aantekeninge in die kantlyn van die Bybel. Een manier is om met drie simbole te werk waaroor jy dan kan reflekteer:
- ! – IETS WAT JOU GETREF HET
- ? – IETS WAAROOR JY ‘N VRAAG HET
- ↓ – IETS VAN GROOT BETEKENIS
- Onthou om kommentaar te lewer op die webtuiste en jou vrae te vra. So leer ons almal by mekaar.
- Die skrywer Lukas was ‘n dokter wat Paulus soms vergesel het – Kol 4:14 – die enigste “heidense” outeur in die Bybel.
- In die evangelie van Lukas vertel hy die storie van die redding van Israel wat Jesus bring. Hierdie verhaal is heel moontlik na die val van Jerusalem in 70 n.C. geskrywe. Hoewel dit spesifiek gerig word aan Teofilus – wat andersins onbekend is, maar waarskynlik die publikasie onderskryf het – blyk dit duidelik uit die boodskap dat dit gerig is aan Christene uit die heidense nasies. Daarom plaas Lukas die verhaal in die konteks van die wêreldgeskiedenis (hfst. 2-3), gee hy ’n geslagsregister tot by Adam, en sluit hy die voortgaande grensoorskrydende bediening van die Gees van die begin af in (hfst. 1). Die kerk is vir hom in die evangelie van Lukas veral die plek waar alle Jode welkom is, wat verklaar hoekom hy bv. spesifiek aandag gegee het aan die stories van vroue.
- In die Handelinge van die apostels sit Lukas hierdie verhaal voort, waar die kerk geskets word as die plek waar mense uit alle kulture welkom is (akkulturasie), maar ook deur die evangelie verander word (inkarnasie) waarin Jesus en veral die Heilige Gees die leidende rol speel.
- Hoofstuk 1-2 lei die verhaal in en antisipeer al die hooftemas. Let op na:
- Verwysings na Ou Testament beloftes
- Jesus as die Dawidiese koning
- Die Redding van Israel
- Die insluiting van die heidene
- God wat omgee vir die armes
- Die rol van die Heilige Gees
- Die verwagte teenstand
- Die vreugde oor die evangelie van Jesus
- Hoofstuk 3-4:13 verbind die bediening van Johannes die doper en Jesus.
- Jesus word voorgestel aan Israel as ‘n gedoopte en ‘n getoetste.
- Hy word deur sy geslagsregister, wat tot by Adam gegee word, aan die heidense sending gekoppel.
Breër inleidende artikels
Vir dié wat nog nie die inleiding gelees het nie, hier is die skakels daarheen:
- Lees Lukas-Handelinge deur saam met my
- Fokus op die betekenis van die Skrifgedeeltes
- Lukas-Handelinge se leesplan
- Die evangelies se unieke Jesus portrette
- Lukas as een van die drie Sinoptiese evangelies
- Oorsig van Lukas
- Riglyne vir die lees van Lukas
- Oorsig van Handelinge
- Riglyne vir die lees van Handelinge
- Inligting oor die streke waar die evangelie verkondig is
- Kulture
related post
Tags: Lukas
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!