Die drie Sinoptiese evangelies

Written by Chris van Wyk on 22/01/2010. Posted in Markus

Print Friendly

Vir ons leeswerk gee ek ook die volgende baie kort oorsig van die drie Sinoptiese evangelies.

Markus is een van die drie Sinoptici (sinopties = oorsigtelike, samevattende hantering [van die Griekse “saam-kyk”]).

Uit ‘n vergelyking van die drie sinoptiese evangelies, Markus, Matteus en Lukas, is dit opvallend dat bykans alle gedeeltes in Markus ook in die ander twee evangelies, Matteus en Lukas voorkom.  Slegs drie gedeeltes kom net in Markus voor: 1) 1:1 – die Inleiding tot sy evangelie; 2) 4:26-29 – Die gelykenis van die saad wat vanself groei en 3) 8:22-26 – Jesus wat ‘n blinde man in Betsaida genees.

Matteus en Lukas het egter verskeie gedeeltes wat nie by Markus voorkom nie, die Bergrede bv.  Dit dui volgens geleerdes daarop dat Matteus en Lukas die evangelie van Markus gebruik het as basis-dokument vir hulle eie evangelies.  Markus is dus die oudste evangelie wat ons het.

Matteus en Lukas het ook ‘n tweede bron gebruik, wat blyk uit dié gedeeltes waarin hulle met mekaar ooreenstem (en nie by Markus geleen het nie), ‘n totaal van 62 perikope, wat deur geleerdes die (hipotetiese) Q- bron genoem word (Q is die afkorting vir die Duitse woord Quelle wat bron beteken).  Dit bevat interessant genoeg meesal uitsprake van Jesus, en omtrent geen genesings en wonderdade van Jesus nie, sowel as niks van sy konfrontasie met die Joodse leiers en uiteindelike dood en opstanding nie (Wie was Jesus regtig?, p 56).  Dit is egter redelik sinloos om die bron op grond van aanhalings en weglatings in sekondêre bronne (Matteus en Lukas) nouer te probeer omskryf.  Omdat die ooreenstemmende gedeeltes in Matteus en Lukas egter byna woordeliks ooreenstem, en daarby in dieselfde volgorde in die twee evangelies geplaas is, word wel aanvaar dat dié bron skriftelik was.

Lees hier meer oor die ontstaan van die Bybel.

Tags: , , ,

Trackback from your site.

Comments (7)

  • Vince Aslett
    27/01/2010 at 16:08 |

    Baie dankie, ek waardeer
    Groete

  • 27/01/2010 at 15:32 |

    Die enigste rede hoekom ek dit noem, is omdat daar waarskynlik 'n verdere skriftelike bron was wat deur Mattteus en Lukas gebruik is, en dit in die navorsing as die Q-bron bekend geraak het. Ek stem saam dat enige teologiese afleidings oor dié bron, oor wat daar verder in geskryf was of nie was nie, heeltemal spekulatief is. Daar was ook nog ander skriftelike bronne soos ons in Lukas 1 agterkom, sowel as mondelinge oorlewering. Agter elke evangelie is daar dus 'n komplekse onstaansgeskiedenis. Dit is nie direk “van Bo af” gedikteer soos baie keer in sekere verbale inspirasie teorieë aanvaar word nie – natuurlik sonder dat ek die Heilige Gees se werking in beide die ontstaansgeskiedenis as die uiteindelike neerskryf deur die skrywer van die evangelie wil minimaliseer. Vergelyk hoe ek oor die kanon se ontstaan elders op die webtuiste skryf.

  • Vince Aslett
    27/01/2010 at 15:02 |

    Ek dink dis een ding om n hipotetiese aaname te maak dat daar dalk nog n bron (Q) was waarvan Lukas en Matteus hulle info gekry het, ek persoonlik het nie n probleem daarmee nie, aangesien dit slegs n hipotese is en nie noodwendig wesenlik nie.

    Volgens F Wessels, in Wie was Jesus regtig , vanaf p61, verander die prentjie egter en word daar meer in die hipotese ingelees as net nog n moontlike bron, die Q evangelie, nl dat dit verband hou met die sg Q gemeenskap (volgens sommige, die eerste Jesus volgelinge), wat Jesus blykbaar meer gesien het as n wysgeer in die sin dat Sy woorde belangrik was en nie o.a. die opstanding nie. Is dit nie meer Gnosties van aard nie, hoe aanvaar ons die moontlikheid van Q as n gesamentlike bron, maar verwerp dit as evangelie?

    Ek lees ook dat daar geen historiese bewys van n Q gemeenskap of bron is nie?

    Baie dankie
    Vince

  • 25/01/2010 at 05:51 |

    As jy kommentaar lewer, kan jy dit doen met een van vyf profiele: 1) Disqus, 2) Facebook, 3) Twitter, 4) Yahoo, 5) Guest. Dit is dus korrek om as Guest kommentaar te lewer, en jy hoef nie te registreer by Disqus nie. Gee net jou naam en e-pos en Post as Guest. Terloops, dit is 'n bonus om by http://www.disqus.com geregistreer te wees, want dan kan jy op een plek alle kommentaar sien wat jy op webtuistes lewer …

    Vir jou foto om te wys moet jy een van twee goed doen:
    1) registreer by een van die eerste vier profiele: Disqus, Facebook, Twitter, Yahoo. As jy met dié profiel inlog en kommentaar lewer, sal die foto/avatar wat jy daar gelaai het, ook hier wys.
    2) registreer jou e-pos adres by http://www.gravatar.com en laai 'n foto/avatar daar op. Klik op “Get your Gravatar today” en volg die instruksies óf log in met jou http://www.wordpress.com rekening. Dit sal dan oral vertoon waar jy jou e-pos adres gebruik om kommentaar te lewer.

  • Willem Zaaiman
    24/01/2010 at 23:23 |

    Baie dankie
    Tegniese vraag – As ek hier 'n comment gee moet ek dit “Post as Guest” is dit korrek, maar dan vra dit my weer om te registreer?
    Hoe laai jy 'jou foto op?
    Groete

  • 24/01/2010 at 23:08 |

    Jy is reg. Ek skryf in die volgende twee posts daaroor. Hier is solank die skakels daarheen: http://www.ngkerksomerstrand.co.za/blog/didage/… en http://www.ngkerksomerstrand.co.za/blog/didage/

  • Willem Zaaiman
    24/01/2010 at 23:03 |

    Baie interressant dat Markus die oudste evangelie is. Ek het dit ook dat :
    Matteus meer vir die Jode geskryf is en
    Markus vir die Romeine
    Lukas vir die Grieke en Nie-Joodse lesers
    Johannes baie later en meer op alle Christene. Sê maar as dit dalk nie korrek is nie
    Groete Willem

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed