Die twaalf dissipels in die evangelies en Handelinge

Written by Chris van Wyk on 04/02/2010. Posted in Markus

Print Friendly

Daar is heelwat onderlinge verskille in die onderskeie lyste van die twaalf dissipels in die evangelies en Handelinge.  Ek gee hier die 4 lyste wat ons in die Bybel het in ‘n tabel met ‘n paar opmerkings daaroor daaronder.

Markus 3:16-19

Matteus 10:2-4

Die name van die twaalf apostels was: in die eerste plek

Lukas 6:14-16

Hulle was

Handelinge 1:13

Dit was

  1. Petrus, soos Hy Simon genoem het,
  2. Jakobus seun van Sebedeus, en
  3. Johannes die broer van Jakobus vir hulle het Hy die bynaam Boanerges gegee, dit wil sê “manne van die donder”—
  4. Andreas,
  5. Filippus,
  6. Bartolomeus,
  7. Matteus,
  8. Tomas,
  9. Jakobus seun van Alfeus,
  10. Taddeus,
  11. Simon die Kananeër, en
  12. Judas Iskariot wat vir Jesus verraai het.
  1. Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer
  2. Andreas;
  3. Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer
  4. Johannes;
  5. Filippus en
  6. Bartolomeus;
  7. Tomas en
  8. Matteus die tollenaar;
  9. Jakobus seun van Alfeus, en
  10. Taddeus;
  11. Simon die Kananeër, en
  12. Judas Iskariot wat vir Jesus verraai het.
  1. Simon, wat Hy ook Petrus genoem het, en sy broer
  2. Andreas,
  3. Jakobus en
  4. Johannes,
  5. Filippus en
  6. Bartolomeus,
  7. Matteus en
  8. Tomas,
  9. Jakobus seun van Alfeus,
  10. Simon die Seloot,
  11. Judas seun van Jakobus, en
  12. Judas Iskariot wat die verraaier geword het.
  1. Petrus en
  2. Johannes,
  3. Jakobus en
  4. Andreas,
  5. Filippus en
  6. Tomas,
  7. Bartolomeus en
  8. Matteus,
  9. Jakobus seun van Alfeus,
  10. Simon die Seloot en
  11. Judas seun van Jakobus.
  • Petrus (Simon) is altyd eerste op die lys, met sy broer Andreas (Griekse naam) wat in Matteus en Lukas telkens 2de geplaas word, en in Markus en Handelinge 4de.
  • Die twee broers Jakobus en Johannes word telkens saam gegroepeer: 2de en 3de in Markus se lys, omgekeerd 3de en 2de in Lukas se lys in Handelinge, en 3de en 4de in Matteus en Lukas se onderskeie evangelies.
  • Filippus (Griekse naam) is 5de op al 4 lyste.
  • Bartolomeus (“seun van Tolomeus”, waarskynlik dieselfde man wat Natanael genoem word in Johannes 1:45; 21:2) is 6de op die evangelies se lyste, maar 7de op Handelinge s’n.
  • Matteus (waarskynlik Levi) word 7de geplaas by Markus en Lukas en 8ste by Matteus en Handelinge.
  • Tomas (ook Didimus – “Tweeling” – genoem in Joh 11:16; 20:24; 21:2) is 6de op Handelinge se lys, 7de op Matteus s’n, en 8ste by Markus en Lukas.
  • Jakobus, seun van Alfeus, soms (ten onregte) vereenselwig met Levi, wat ook die seun van Alfeus genoem word,  is 9de op al 4 lyste.
  • Taddeus word 10de genoem by Markus en Matteus (sommige tekste het “Lebbeus, wat genoem word Taddeus”) en 11de met (waarskynlik) sy naam Judas, seun van Jakobus, by Lukas in sy evangelie en in Handelinge (vgl Joh 14:22).
  • Simon, die Kananeër (die Hebreeuse woord vir fanatikus in Markus en Matteus) en Seloot (die Griekse woord vir fanatikus in Lukas in die evangelie en in Handelinge), word 10de in Lukas se evangelie en in Handelinge genoem en 11de in Markus en Matteus.
  • Judas Iskariot (die naam Iskariot beteken: “man van Kariot”, ‘n dorpie in die Suide van Judea – volgens Groenewald moontlik die enigste een uit Judea behalwe Jesus self) word telkens 12de en laaste genoem in die evangelies, en in Handelinge natuurlik uitgelaat na sy dood.

Tags:

Trackback from your site.

Comments (2)

  • Vinie Furstenberg
    04/02/2010 at 23:43 |

    Dit gryp my altyd diep in die hart om te dink dat Andreas tevrede was om in sy broer Petrus se skaduwee te staan, ten spyte van die feit dat hy eintlik eerste vir Jesus gesien en gevolg het en toe dadelik sy broer gaan soek het om hom na Jesus toe te bring! (Joh 1:41 en 42) Petrus word die rots, die hoofrolspeler, die naam bo aan elke lys! Laat my net weer besef dat die Here self besluit wie moet dalk net agter die skerms werk! Wat `n rolmodel is Andreas nie! Hy het rustig voortgegaan met dit wat die Here wel aan hom toevertrou het.

  • [...] Die twaalf dissipels in die evangelies en Handelinge    Markus 2:18-3:6 – Jesus se bevrydende bediening wek wrede weerstand van die [...]

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed