WEEK 2: Markus 1:1-3:6 – Proloog en Deel 1: Bekendstelling
Hierdie week lees ons Markus 1:1-3:6 – die Proloog en Deel 1 van die evangelie, die Bekendstelling van Jesus Christus.
Ek gaan dit oor die volgende 5 dae as volg lees:
- Donderdag: Markus 1:1-8
- Vrydag: Markus 1:9-20
- Maandag: Markus 1:21-39
- Dinsdag: Markus 1:40-2:17
- Woensdag: Markus 2:18-3:6
Oorsigtelik die volgende opmerkings:
- Let op hoe al die hooflyne van Markus se evangelie reeds in die begin aangekondig word: die goeie nuus van Jesus wat verbind word met die OT beloftes in Jesaja, die bekendstelling van Jesus deur Johannes die Doper as die Here, sy versoeking in die woestyn en en die begin van sy bediening in Galilea wat die koninkryk in aanskyn roep.
- Let ook op hoe Jesus se publieke bediening van die begin af ‘n impak maak op drie groepe, die skares, die geroepe dissipels en die godsdienstige en politieke leiers (beskryf in vyf kort verhale).
ONTHOU: Daar gaan meesal meer as een post per dag wees. Soms is die perikope só ryk aan betekenis óf so verskillend in inhoud, dat ek dit in aparte posts hanteer. Sommige dae sal daar ook ekstra inligting wees, bv. ‘n vergelyking van die verskillende lyste van die apostels, of ‘n antwoord op ‘n vraag wat iemand vra. Kyk dus elke weeksdag dat jy elke post lees wat gepubliseer is.
Tags: Markus
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!