Markus 1:1-8 – Die hart van die evangelie is opgesluit in Jesus Christus

Written by Chris van Wyk on 28/01/2010. Posted in Markus

Print Friendly

Markus

Markus begin sy verhaal van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God, met die optrede van Johannes die Doper.  Hy verduidelik met die twee aanhalings uit Maleagi 3:1 en Jesaja 40:3 (uit die Griekse vertaling van die OT wat effens verskil van die Hebreeuse oorspronklike wat sê: “Maak vir die Here ‘n pad in die woestyn.”) dat Johannes die Doper die pad vir die Here kom regmaak het. Daarmee verbind hy Johannes die Doper met die Ou Testament Messias verwagting.

Sy boodskap was kort en kragtig:

  1. Die mense van Judea en Jerusalem moes hulle bekeer, en laat doop sodat God hulle sondes kon vergewe.
  2. Die Een wat na hom kom, is sy meerdere, omdat Hy nie met water sal doop nie, maar met die Heilige Gees.

Dit sê vir my:

Die evangelie gaan nie om allerhande goed op die periferie nie.  Die hart van die evangelie is opgesluit in die lewe en boodskap van Jesus Christus self.

Matteus en Lukas

Matteus brei in 3:1-12 hierop uit deur Johannes se gesprek met baie van die Fariseërs en Sadduseërs wat hulle laat doop het, te vertel, waar hy hulle waarsku dat hulle vrugte moet dra wat by die bekering pas, en nie op hulle Abrahamitiese afkoms moet staatmaak nie.

Lukas brei nog verder hierop uit in 3:1-9, 15-17 deur die prediking van Johannes die Doper histories te plaas, en dit aan die woord van God wat tot Johannes gekom het, toe te skryf.  Hy haal Jesaja meer volledig aan en spel die vrugte van bekering uit vir gewone mense, tollenaars, en soldate.  Lukas haal Johannes, soos Markus, aan in die skerp onderskeid wat hy tussen sy eie bediening en dié van die Een wat kom, tref maar brei meer uit oor wat met die koms van die Heilige Gees sal gebeur, wat onder andere oordeel sal insluit.  Lukas se weergawe sluit af met die mededeling dat Johannes ook vir Herodes aangespreek het, en dat dié hom in die tronk opgesluit het.

Johannes

Die evangelie van Johannes vertel ook die verhaal van Johannes die Doper, een van die enkele kere wat Johannes ooreenkom met die ander drie evangelie-verhale, behalwe vir die lydingsgeskiedenis.  Johannes, die dissipel, brei uit op die onderskeid tussen Johannes die Doper se bediening en die Christus, en plaas dit in ‘n gesprek tussen hom en die priesters en Leviete.  Hy gebruik ook Jes 40:3 as bewysplaas vir Johannes die Doper se bediening.

Vergelyking

Die indruk wat ‘n mens van Markus se verhaal van Johannes die Doper kry, in die vergelyking met die ander drie evangelies, is dat hy net die sentrale punt van Johannes die Doper se bediening wil vertel: die noodsaak van bekering en die te wagte doop met die Heilige Gees, om by die hart van sy verhaal uit te kom, die evangelie van Jesus Christus.

Johannes die Doper word deur Jesus (9:13) met Elia verbind, soos voorspel is in Maleagi 4:5.  Johannes het aangetrek soos Elia (2 Kon 1:8) en ander profete (Sag13:4).

Tags:

Trackback from your site.

Comments (1)

  • Vince Aslett
    28/01/2010 at 11:22 |

    As ek mag bylas, ek lees in n kommentaar dat Vers 4 vergelyk kan word met n verwagting onder die Jode dat daar n grootskaalse bekering sal gebeur voordat die Messias sou kom volgens Jer 31:34

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed