Markus 1:21-31 – Dit is 'n nuwe leer, en dit kom met gesag! Hy gebied selfs die bose geeste, en hulle gehoorsaam hom.

Written by Chris van Wyk on 01/02/2010. Posted in Markus

Print Friendly

Ek lees steeds soos ‘n vakleerling:

  • Wat doen Jesus (doen, dink, sê, reageer, vermy, vra, beveel, uitnooi)?
  • Wat moet ek hiermee doen?

Markus

Let op hoe vinnig en doelgerig die verloop van die verhaal steeds vertel word.  Jesus gaan reguit na die sinagoge toe.  Op daardie oomblik manifesteer ‘n bose gees. Jesus spreek hom skerp aan en dryf hom uit.  En dit was nie lank nie of daar is oral oor Hom gepraat.  Na dié sinagoge is die skare saam met Hom reguit na Simon-hulle se huis.  Hulle vertel Hom dadelik van Simon se skoonma se siekte.  En Jesus genees haar onmiddellik.

Let op hoe Jesus se prediking sy genesing voorafgaan.  Genesing is ‘n uitvloeisel van sy prediking en bewys die krag en gesag daarvan.

“Dit is ‘n nuwe leer, en dit kom met gesag!  Hy gebied selfs die bose geeste, en hulle gehoorsaam hom.”

Jesus se lering (didagé) is vir Markus baie belangrik.  Hy noem hom 12 keer ‘n Leraar (bv. 5:35 – Jesus is ook die enigste wat dié titel in Markus het), praat gereeld van sy lering (bv. 2:2 – praat oor sy boodskap) of lerende aktiwiteit (vv. 4:1).

Dit sê vir my, dat ek Hom maar kan glo, dat sy woorde met gesag kom en die wêreld heeltemal verander.  Ek kan my lewe op Hom bou.

Dat die bose geeste (letterlik: onrein geeste – algemene benaming vir duiwels in Jesus se tyd) Jesus by sy menslike en Goddelik (vgl. 2 Kon 4:9 waar Elisa ook so genoem word – dit staan ook in kontras met die onrein geeste) name noem, het te make met die bygeloof van daardie tyd waar jy mag sou kry oor iemand as jy sy volle name gebruik.  Dit het egter geen effek op Jesus nie.  Inteendeel, Hy het mag en gesag oor die bose geeste, en beveel hulle sonder enige besweringsformules of ander rituele om stil te bly en uit die man te gaan.

Let ook op hoe ‘n skare mense Jesus begin volg, sodat Hy gou nie meer openlik in ‘n dorp kon kom nie en buite in die veld moes bly (1:45).

Kapernaum, ‘n groot en besige stad aan die See van Galilea, word die sentrum vanwaar Jesus opereer (2:1; 3:20; Matt 4:13).

Die ander evangelies

Die besetene van Kapernaum

Net Lukas vertel ook die eerste verhaal van die besetene in Kapernaum en nie Matteus nie.  Volgens Lukas het Jesus gereeld daar opgetree.  Die uitdryf van die duiwel volg die klassieke patroon: ontmoeting (1:23), verdediging (1:24), opdrag om uit te gaan (1:25), uitdrywing (1:26), reaksie van die omstanders (1:27).

Die genesing van Petrus se skoonma

Die verhaal vertoon ook die klassieke patroon van ‘n genesingsverhaal: situasie en beskrywing van die siekte (1:29-30), genesing (1:31a,b), bewys van genesing (1:31c).  Die detail van hierdie kortste genesingsverhaal in die evangelies verskil effens.  Markus en Matteus vertel dat Jesus die skoonma se hand geneem het, Markus dat Hy haar ook regop gehelp het, en Lukas weer dat Hy slegs aan die koppenent van die bed gaan staan het en die koors bestraf het.  Dit beïnvloed egter nie die betekenis van die verhaal nie.  Dat sy onmiddellik opstaan en hulle bedien, soos die gasvryheidsgebruike van die tyd vereis het, bewys dat sy volledig gesond geraak het.  Interessant is dat koors as sodanig as ‘n siekte in daardie tyd gereken is.

Sinagoges

Byna alle dorpies in Israel het sinagoges gehad wat nie net gedien het as plekke van aanbidding nie maar ook as skole.  Die gebruik dateer uit die tyd van Esra (ongeveer 450 v.C.).  In die week is seuns in die wet en die Joodse godsdiens onderrig (dogters kon dit nie bywoon nie) en op die sabbat is die Woord aan die gemeenskap verkondig.  Omdat elke sinagoge nie hulle eie rabbi gehad het nie, is besoekende rabbis gevra om te preek.  Dit is waarom Jesus en later ook Paulus so geredelik toegang tot die Joodse gemeenskappe gehad het (vgl Hand 13:35).

Tags: ,

Trackback from your site.

Comments (1)

  • juriejurgens
    03/02/2010 at 17:23 |

    Hier klop Matteus die ander twee evangeliste vir bondigheid, – en kry dit reg om al die aandag op Jesus te vestig:- Jesus kom in die huis: Jesus sien die vrou is siek; Jesus genees haar; sy bedien vir Jesus. (Die ander se sy het “hulle” bedien)

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed