Markus 1:32-39 – Die bediening draai om God, nie om die vrugte daarvan nie

Written by Chris van Wyk on 01/02/2010. Posted in Markus

Print Friendly

Ek gaan voort om te lees, maar hierdie keer soos ‘n kunstenaar:

  • Wat tref my?
  • Watter nuwe gedagtes kry ek?
  • Wat moet ek daarmee doen?

Markus

Let op dat die son al onder was, dws dat die sabbat verby was, voordat die skare mense die siekes en dié wat in die mag van duiwels was, na Jesus gebring het.  Hulle wou die teenstand van die Fariseërs vermy wat binnekort sou uitbars weens Jesus se genesings op die sabbat (2:23-3:6).  Siekte word duidelik van duiwelbesetenheid (unieke uitdrukking wat net verder in 5:15-18 voorkom) onderskei.

Reg van die begin van Jesus se bediening word die duiwels (1:25, 34) stilgemaak en ook mense wat genees is (1:44) verbied om publiek daaroor te praat (selfs die dissipels word op ‘n punt belet om te praat – 8:30).  Die rede word in 1:45 gegee – die oomblik toe Jesus se bediening te bekend geraak het, was dit moeiliker om openlik in ‘n dorp te bedien, veral omdat die skare Hom eerder volg weens die wonderwerke as weens sy prediking en boodskap.  Die teoloog Wrede het dit die Markus Messiaanse geheim genoem.

Jesus se bediening was ingebed in sy gebedsverhouding met God (vgl. ook 6:46 – op die berg; 14:32-42 – in Getsemane).  Let op hoe dit juis na sy gebed is, wat Hy weier om verdere genesings in Kapernaum te doen, want sy missie is om te preek: “want daarvoor het Ek gekom”.  Die wonders is afhanklik van die prediking, en nie andersom nie.

Dit tref my – die bediening is nie ‘n selfvervullende beroep nie.  Dit het net sin as dit ingebed is in ‘n (gebeds)-verhouding met God.  Die bekende gesegde spreek my net weer aan: Besig met die dinge van God, maar nie besig met die God van die dinge nie.  Ek wil vandag tyd spandeer met God, my bediening deurbid, en herfokus op wat Hy op my hart lê.

Ander evangelies

Nog genesings en voortgaande prediking

Matteus (8:16-17; 4:23) voeg ‘n aanhaling uit Jesaja 53:4 by in sy weergawe as verduideliking waarom Jesus die siekes genees en die duiwels uitdryf: “Hy het ons lyding op Hom geneem, ons siektes het Hy gedra.”  Hy plaas die bediening ook in ‘n wyer prentjie as ‘n bediening wat vanuit sinagoges sy impak gehad het regdeur Galilea.  Lukas (4:40-44) verwoord dit op sy eie manier, deur bv. die individuele hantering van elke sieke te beklemtoon.  Interessant dat die duiwels weet wie Jesus is, en dat mense dit so moeilik, ten spyte van sy prediking en wonderwerke, agterkom!

Tags: ,

Trackback from your site.

Comments (1)

  • Stephan van der Watt
    01/02/2010 at 22:32 |

    Chris, dankie vir die nadruk van die belang van gebed – soos asemhaling vir die siel. Jesus se gebedsruimte is in afsondering, in 'n stil tyd van die nag … skerp in kontras met die begin van Markus se vertelling van aksie-belaaide, dringende gebeure wat die isolasie voorafgaan.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed