Markus 16:1-20 – Jesus het liggaamlik opgestaan

Written by Chris van Wyk on 10/03/2010. Posted in Markus

Print Friendly

Markus

Ek wil nie graag by die onverkwiklike debat oor die opstanding wat deur sommige organisasies en teoloë gevoer word, betrokke raak nie.  Ek wil ook nie met allerhande hermeneutiese nuanses met woorde speel rondom die opstanding nie.  Markus 16:1-8 sê soos die ander evangelies dat Jesus opgestaan het. Dit was liggaamlik (as jy Paulus se taal wil gebruik, ‘n verheerlikte liggaam soos ons in 1 Kor 15 leer).  En ek glo dit.

Verder bly dit darem net ongelooflik hoe die vroue aan die einde van die evangelie na vore tree as ondersteuners en getuies, terwyl al die mans, behalwe moontlik Johannes, gevlug het.  Dit is uiters betekenisvol in die lig van die patriargale omgewing waarbinne hulle gelewe het.

Die teks van Markus wat aan ons oorgelewer is, het eintlik 3 eindes.  Die beste manuskripte eindig die teks by vers 8.  Sommige ander voeg ‘n vers 9 by, en nog ander voeg ‘n paar verse, 9-20 by, soos ons dit tans in die NAV het.  Die langer tekstradisies dateer heel moontlik eers uit die tweede eeu nC, heel moontlik om ‘n meer afgeronde afsluiting vir die evangelie te verskaf.  Die konsensus onder geleerdes is dat die langer eindes heel moontlik latere byvoegings is, maar dat die korter teks ook te kortaf is, en dat daar van die oorspronklike teks moontlik ‘n deel verlore geraak het.

Korter einde: 3 vroue gaan die Sondagmôre na die graf, Maria Magdalena, Maria, die moeder van Jakobus, en Salome.  Let op hoe die jongman, ‘n engel, Jesus in sy mensheid as van Nasaret identifiseer.  ‘n Boodskap aan Petrus is ook sy missie vir hulle, dat die dissipels Jesus in Galilea moet ontmoet.

Die korter teks eindig met die vroue wat weghardloop en Markus se evangelie wat dus eindig met die woorde: “Want hulle was bang.”

Effens langer teks: Die effens langer teks het ‘n soort opsomming van die gesprek tussen die vroue en Petrus en die ander dissipels, en die mededeling dat Jesus self aan hulle verskyn het en deur hulle die evangelie oral laat verkondig het.

Langer einde: Die langste teks voeg dan by dat Jesus aan Maria Magdalena verskyn het, sowel as aan 2 mense op pad na die platteland, wat ons uit Lukas se weergawe weet die Emmaüsgangers was.

Die onderlinge verskille tussen hierdie Markus weergawe en Lukas s’n wys egter dat dié teks, soos die effens langer teks, heel moontlik nie oorspronklik is nie:

Daar word in vers 13bv. gesê dat ander dissipels die twee Emmausgangers nie geglo het nie. Dit verskil van Lukas 24:34 waar die dissipels vir die Emmausgangers sê dat hulle inligting ooreenkom met dít wat hulleself by Simon gehoor het.

Die teks stel die Emmausgangers ook as dissipels voor wat nie die geval was volgens die ander evangeliste nie.

Hoe dit ook al sy, die teks vertel ons dat Jesus se verwyt oor hulle ongeloof en hardheid van hart gou oorslaan in ‘n opdrag om die evangelie te gaan verkondig.  Jesus gee hulle voorsmakie van die tipe wondertekens wat by hulle sal voorkom, genesing van duiwelbesetenheid en siekte, tale, en beskerming teen slange en gif (onthou Paulus se ervaring op die eiland Malta – Hand 28).

Markus se langer einde eindig met Jesus se hemelvaart en ‘n kort beskrywing van die evangelieverkondiging wat deur wondertekens bekragtig is.

Matteus, Lukas en Johannes

Korter einde: Matteus noem die ma van Jakobus slegs die “ander Maria” wat ons laat vermoed dat dit dieselfde persoon kan wees.  Hy beskryf die toneel by die graf ook meer volledig met ‘n aardbewing waarna ‘n engel die klip voor die graf wegrol en daarop gaan sit, met die wagte wat bewe en soos dooies word.  Sy boodskap is dat Jesus opgewek is en dat dié nuus aan die dissipels vertel moet word.  Hulle gaan doen dit dan tegelykertyd bang en bly.

Lukas se detail verskil van Markus en Matteus se weergawe; daar is 2 engele en hulle gaan in gesprek met die vroue.  Matteus noem ook vir Maria Magdalena en Maria die ma van Jakobus, maar met hulle saam was daar ook Johanna (Salome?).  En hy vertel van Petrus se besoek aan die graf.

Johannes vertel weer in meer detail van Petrus en sy eie ervarings by die graf.  Interessant is dat hulle wel begin glo dat Jesus opgestaan het, maar nog nie sover kan kom om die Skrif hieroor te verstaan nie.

Langer einde: Matteus sluit sy evangelie af met die Groot Opdrag net voor Jesus se Hemelvaart.  Lukas brei weer uit oor die pragtige verhaal van die Emmaüsgangers, sowel as die toneel by Galilea waar Jesus vis eet om hulle van die werklikheid van sy opstanding te oortuig.  Hy sluit met ‘n korter weergawe van die Hemelvaart.  In Handelinge is ‘n langer weergawe.  Johannes brei weer uit oor die engele se gesprek met Maria Magdalena, waarna Jesus self aan haar verskyn.  Hy vertel van nog twee verskynings van Jesus, een waar Tomas nie by was nie, en een waar ook die ongelowiges Tomas ‘n getuie van die opstanding word.

Tags: ,

Trackback from your site.

Comments (4)

  • Walter
    08/11/2010 at 21:32 |

    Hoe moet ons Markus 16:18 verstaan? Dat daar wondertekens sal wees maar sekerlik tog nie dat hierdie wondertekens by alle gelowiges teenwoordig sal/moet wees nie?

    • Chris van Wyk
      08/11/2010 at 21:47 |

      Jy is reg. God gebruik soms wonderwerke in die lewe van gelowiges, soos ons lees van Paulus wat niks oorgekom het toe ’n slang hom gebyt het nie (Hand 28:5). Net so het die dissipels siekes gesond gemaak (reeds in die evangelies, bv Matt 10:1, maar ook hierna, soos ons lees in Hand 3:7–8). Maar dit is nie almal beskore nie, soos ons duidelik lees in 1 Kor 12:27-30 dat almal nie die gawes van wonderdade en gesondmaking het nie.

  • 17/03/2010 at 18:00 |

    Hi Vince
    Ek het jou bydraes geniet deur die afgelope paar weke. En julle is baie welkom om die volgende rondte in te skakel. Ek beplan tans om 1 en 2 Konings deur te werk in so 'n 6 weke in die tweede kwartaal. Die verhaal fokus veral op die pad van die Here met sy volk, soos 'n mens dit raaksien in die lewe van drie groot karakters, Salomo, Elia en Elisa, sowel as in 'n klomp kleiner karakters, konings en gewone mense (Nabot), en ek sien uit daarna om die betekenis daarvan saam met julle te ondersoek. Ek sal detail daaroor binnekort publiseer, en moontlik ook iets skryf oor die evangelie van Thomas wat ons volgende Woensdag hier by ons in die gemeente gaan lees.

  • Vince Aslett
    10/03/2010 at 10:10 |

    Chris
    Baie dankie vir n ongelooflike Bybelstudie – dit was n groot blessing vir my as persoon, asook vir baie in ons manne bediening. Dankie vir die harde werk en toewyding. Laat weet my asb waneer die volgende een begin.
    Groete Vince

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed