Markus 3:31-35 – Jesus en sy familie

Written by Chris van Wyk on 05/02/2010. Posted in Markus

Print Friendly

Markus

Volgens Markus 6:3 was sy broers se name: Jakobus, Joses, Judas en Simon.  Jesus het ook susters gehad, hoewel hulle name nie genoem word nie.  Aangesien sy vader, Josef, nie genoem word nie, word veronderstel dat hy reeds oorlede was.

Let op die kontras tussen hulle wat buite staan en dié wat binne rondom Jesus sit. En onthou dat sy familie gedink het Hy is van sy kop af (3:21).  Dit is eers later dat van sy broers, spesifiek sy broer Jakobus, deel van die binnekring geraak het en selfs ‘n leier in die kerk van Jerusalem geword het.

“Jesus identifies his family on the basis of the response to him rather than on natural kinship.  The response of his natural family who sought to take him into their custody reflected their rejection of his ministry regardless of their motivation, which in Mark is given as concern for his mental stability. The response of the crowd who sought his presence and gathered around him, doubtless to hear his teaching, reflected their acceptance of him.” (Guelich).

Let ook op hoe Jesus nie noodwendig sê dat dié wat rondom Hom sit sy familie is nie, maar dié wat die wil van sy Vader doen.  Die band wat die nuwe familiekring saamvoeg, is die doen van die wil van God. Dit gaan dus nie om die aanhang van Jesus se persoon nie, maar om die oorgawe aan God om Hom alleen te gehoorsaam. Diegene wat dit van harte doen, is voortaan kinders van God en broers en susters van mekaar.

  • Vgl ook Markus 10:28–30 – Petrus se vraag of hulle ‘n beter lot as die ryk jongman kan verwag omdat hulle, anders as die jongman, alles verlaat het ter wille van die evangelie, lok by Jesus die reaksie uit dat dié wat dit doen, in hierdie lewe al reeds ‘n honderd keer meer ontvang, saam met vervolging, en in die bedeling wat kom die ewige lewe;
  • Ook Lukas 2:49–50 – Jesus as 12-jarige wat verbaas is dat sy ma nie weet dat Hy met Sy Vader se dinge besig moet wees nie;
  • En Matt. 10:34–36 en Lukas 12:51–53 – die evangelie het altyd die potensiaal om verdeeldheid te bring binne ‘n huisgesin, want Jesus dwing keuses af by mense.

Matteus en Lukas

Matteus identifiseer anders as Markus die mense wat rondom Jesus sit as die dissipels, terwyl Lukas die gedrang rondom Jesus die skuld gee vir die feit dat hulle nie inkom na Jesus toe nie.  Lukas verbind hoor en doen aan mekaar as kante van dieselfde munt.

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed