Markus 4:1-9 – Wie ore het en kan hoor, moet luister

Written by Chris van Wyk on 05/02/2010. Posted in Markus

Print Friendly

Markus

Dit is ‘n baie bekende gelykenis.  Jesus is weer op ‘n bootjie langs die see besig om die mense te leer.  En wat my tref vanoggend van sy lering is die uitspraak:

“Wie ore het en kan hoor, moet luister!”

Let op hoe daar in die gelykenis twee groepe saad is wat gebruik word: die een groep val op grond wat onvrugbaar is en “die ander saad” val op vrugbare grond.  Die eerste groep saad (telkens enkelvoud) groei nie vanweë drie tipes grond wat groei belemmer. Dit word gekontrasteer met die tweede groep saad (meervoud) wat uitstekend groei en drie tipe oeste lewer: party lewer 30-, ander 60- en nog ander 100-voudig. Dit beteken dat die klem in die gedeelte op die saad self is.

‘n Mens sou daarom eerder van dié gelykenis as die Gelykenis van die saad, eerder as die Gelykenis van die Saaier of die Gelykenis van die Vier tipes grond kon praat. 

Dit beteken dat Markus hier oor Jesus se bediening praat en die teenstand wat dit ontlok kontrasteer met die vrug wat dit dra.

Jesus se uitspraak aan die einde is daarom ‘n oproep om Hom ernstig te neem en na Hom te luister.  Dít is die krag van ‘n vrugbare lewe.

Matteus en Lukas

Matteus en Lukas verkort Markus se vertelling met Lukas wat die gesprek nie by die see plaas nie.  Interessant is dat Lukas noem dat die saad wat op die pad geval het, nie net deur die voëls opgepik is nie, maar ook vertrap is; dat die saad op die klipbank  verdroog het weens ‘n gebrek aan vogtigheid.  En Lukas noem net van die 100-voudige vrug.

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed