Markus 4:10-12 – Die geheim van die koninkryk word gegee, nie verwerf nie

Written by Chris van Wyk on 05/02/2010. Posted in Markus

Print Friendly

Markus

Dis duidelik dat daar ‘n groep mense saam met die twaalf by Jesus was wat Hom gevolg en gedien het.  Jesus verduidelik hier die doel met sy gelykenisse, voordat Hy in die volgende perikoop die Gelykenis van die Saad verder vir hulle sal uitlê.

Let op hoe Hy die wat buite is kontrasteer me dié wat binne is, en dat dit net laasgenoemde is wat die geheim van die koninkryk van God kan ontrafel.  En let ook op dat dit iets is wat gegee word, en nie iets wat verwerf word nie.

Jesus haar hier uit Jesaja 6:9-10 aan en verklaar dat die gelykenisse ‘n versluierende effek het; dit verberg die waarheid vir dié wat buite staan en nie inkom om te luister en verander te word nie.  Die implikasie daarvan is dat die lewe by Jesus te vinde is, in ‘n luisterende verhouding met Hom, en nie van ‘n afstand as ‘n buitestaander of teenstander nie.

Matteus en Lukas

Matteus (en Lukas) plaas die gesprek in die konteks van die dissipels alleen.  Matteus brei uit op Markus se weergawe in woorde wat herinner aan die gelykenis van die muntstukke.  En hy plaas die klem aan die einde van die perikoop op die voorreg wat die dissipels het om te kan hoor en te kan sien, omdat baie dit begeer het, en nie kon nie.

Tags:

Trackback from your site.

Comments (3)

  • 09/02/2010 at 12:16 |

    Die “sodat” aan die begin van vers 12 in Markus 4 maak dié stelling van Jesus baie kontroversieel. Lukas het dit ook so. Matteus verander Markus se verwoording van Jesus se stelling in 13:13 deur in plaas van “sodat” van “omdat” te praat, wat die verantwoordelikheid vir die skare se onbegrip op hulle luistervermoë plaas. Dit herinner aan die wyse waarop die gelykenis van die saad ook verstaan moet word, die ontvanklikheid van die grond het ‘n invloed op die saad se effektiwiteit. Dit val dus ook makliker op die oor!

    Matteus se interpretasie maak dat ‘n mens Jesaja 6:9-10 se profesie ook anders hoor, dat die nie-hoor van God se Woord nie aan Sy werk toegeskryf word nie, maar aan die volk se eie optrede: “Julle sal hoor en hoor en tog nie verstaan nie (slegs beskrywend) … Hulle het hulle ore toegedruk … sodat hulle nie … met hulle ore kan hoor … nie (verklaring vir die nie-hoor).”

    Geleerdes (Manson en Jeremias) verwys na die rabbynse literatuur, spesifiek die Aramese weergawe van Jesaja 6:9-10, dat die Aramees eintlik óf met “sodat” óf met “omdat” vertaal kan word, en dat dié teks of 'n Griekse vertaling daarvan moontlik deur die evangeliste gebruik is. Markus en Lukas kies “sodat” en Matteus “omdat”.

    Jeremias gaan verder en probeer aandui dat Markus moontlik met sy “sodat” eintlik bedoel het dat daarmee die woorde van Jesaja in vervulling gegaan het (“sodat vervul sou word”), en dat die verantwoordelikheid vir die nie-hoor steeds op die hoorders rus. Baie het hom nagevolg, maar omdat Markus “sodat” nie in die res van sy evangelie só gebruik nie, bly dit te spekulatief (Geullich).

    Watter interpretasie ‘n mens ook al kies, die punt wat Markus saam met die ander evangeliste maak, is dat waar ‘n mens in ‘n verhouding met Jesus is, deel van sy volgelinge is, deel van die binnekring, word die betekenis van die gelykenisse duidelik en vind ‘n mens die lewe. Daarbuite, dws waar jy nie ‘n pad met Hom stap nie, en jy ‘n buitestaander is, is die gelykenisse versluierend, en verwarrend, en word jy daardeur afgesit.

    Om ‘n lang storie kort te maak, in die nabyheid van Jesus word ons begrip meer, omdat Hy dit vir ons gee, en waar Hy nie teenwoordig is nie, word ons onbegrip meer, omdat Hy dit nie vir ons (kan?) gee nie.

    Ons los Romeine 9-10 vir ‘n ander dag, want dan is ons vierkant in die uitverkiesingsvraagstuk … !

  • Stephan Bothma
    09/02/2010 at 11:40 |

    Markus se bewoording in 4:12 ” . . dat hulle hulle nie miskien bekeer en vergewe word nie” (met verwysing na Jesaja) val darem swaar op die oor in ons menslike manier van dink! As Mattheus sê “hulle het hulle ore toegedruk en hulle oë toegemaak” klink dit veel “billiker”. In wese moet dit seker verstaan word in die konteks van die vrymag van God – om te kies wie “binne” is en wie “buite”?

  • stephanbothma
    09/02/2010 at 11:38 |

    Markus se bewoording in 4:12 ” . . dat hulle hulle nie miskien bekeer en vergewe word nie” (met verwysing na Jesaja) val darem swaar op die oor in ons menslike manier van dink! As Mattheus sê “hulle het hulle ore toegedruk en hulle oë toegemaak” klink dit veel “billiker”. In wese moet dit seker verstaan word in die konteks van die vrymag van God – om te kies wie “binne” is en wie “buite”?

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed