Markus 6:7-29 – Dissipelskap vra altyd 'n prys

Written by Chris van Wyk on 11/02/2010. Posted in Markus

Print Friendly

Markus

Die toegespitse aandag aan die dissipels begin met hierdie opdrag in alle erns.  Dit tref my hoe Jesus “die twaalf” twee-twee uitstuur.  Dit bly die normale patroon van enige werk vir die Here, om dit in gemeenskap met ander te doen.  Dit tref my ook dat hulle nie in detail voorsiening moet maak vir die werk nie, maar afhanklik moes wees van die ontvangs van mense op die plekke waar hulle sou gaan.  Mense wat hulle nie ontvang nie, word ook doodgewoon verlaat om uit te kom by dié wat hulle nodig het.  En dié mense kom tot bekering, mense met bose geeste ontvang bevryding en siekes word gesond gemaak.  Interessant dat hulle met olie gesalf word, soos ons later ook by Jakobus 5:14 sal lees.

Dit is ook merkwaardig hoe hierdie verhaal vertel word in die konteks van Herodes wat Johannes die Doper onthoof het. Dit vorm die agtergrond van Herodes (Antipas – seun van Herodes die Grote wat ‘n kwart van sy pa se ryk regeer het) se verwondering oor Jesus.  Sy tweestryd oor Johannes word oorwoeker deur sy onbedagte belofte aan sy dogter (Salome), en hy moet haar gee wat sy vra: Johannes se kop op ‘n skinkbord.  Daarmee kom die lesers agter dat dissipelskap altyd ‘n prys vra.  Soos Johannes vir sy dissipelskap met sy lewe geboet het, sou Jesus dit ook doen.  En dié lot sou ook menige van hierdie dissipelkring tref.  Dit laat my ook besef dat ‘n mens regtig seker moet maak die Here stuur jou, sodat jou offer vir God se saak gegee word.

Matteus en Lukas

Moontlik gedagtig aan sy gehoor van Joodse Christene, vermeld Matteus spesifiek dat Jesus se opdrag nie die heidene of Samaritane ingesluit het nie.  Die eerste fokus was die verlore skape van Israel.  Hierdie gestuurdheid sou later verander en in die Groot Opdrag van Matteus 28 uitgebrei word na alle nasies.  Matteus gee ook die rede vir die verbod op voorsiening vir die reis: “‘n Arbeider is tog geregtig op sy onderhoud”.  Lukas bly by die feite soos Markus dit weergegee het, hoewel met sy eie beklemtoninge, soos dat hulle nie eers ‘n kierie moet saamvat nie.

Matteus vertel ook die verhaal van die onthoofding van Johannes die Doper meer uitgebreid en bly by die feite van die verhaal soos Markus dit vertel het.  Lukas verkort die verhaal tot ‘n enkele paar sinne.

Tags:

Trackback from your site.

Comments (3)

  • Willem Zaaiman
    11/02/2010 at 20:49 |

    Ek werk redelik gereeld op straat en maak gebruik van “Way of the Master” se metodes.
    My gevoel is dat as dit iemand is wat jy ken en gereeld mee te doen kry, dan het jy geleentheid om elke nou en dan 'n saadjie te plant – gepaardgaande met diep gebed. jy bly egter die persoon as 'n heiden hanteer. Nie met die banvloek nie, maar jy sal bv. nie saam met hom in vennootskap gaan (2Kor6:14-17) of anhou saam met hom drink en kuier ens nie.

    Waar dit kom by iemand wat jy net op straat evangeliseer:
    - Ek weet ek het 'n bondgenoot in die 10 gebooie wat op elke ou se hart geskrywe staan, maak nie saak of hy Moslem of 'n Hindu of Rooms of wat is nie. (Jer31:31-34)
    - So dmv die 10 gebooie moet jy eers sondebesef by om kry, voordat die evangelie aan hom gebring kan word (Ps19:7 – Lees in die Engels – beter as in ons vertalings)
    - Nou as die persoon vir my sou sê – wat wel gebeur – dat hy nog nooit gelieg of gesteel of iets van die 10 gebooie gebreek het nie, dan mors ek nie verder my tyd met hom nie, en los hom met die volgende woorde. “As dit waar is wat jy sê, dan het jy geen bekommernis vir die oordeelsdag nie, en dan hoef Jesus ook niks vir jou te doen op daardie dag nie, baie dankie dat ek van jou tyd kon gebruik.”
    As dit dan 'n uitverkorene is, sal sy gewete hom aanhou pla en uiteindelik sal hy die Here met sy hele hart begin soek soos in 1Kron28:9 of 2Kron15:2.
    Mar2:17 se gedeelte wat in Mat9:12-13 bespreek word – Sê Jesus dat hy nie vir die regverdiges (maw die wat dink hulle is regverdig) gekom het nie, maar vir die sondaars (die wat besef hulle is sondaars). En dan voeg Hy by “Maar gaan leer wat dit beteken.”

    Dit is ongelukkig so dat almal nie uitverkies is en vatbaar is vir die evangelie nie (1Kor1:18)

  • 11/02/2010 at 14:55 |

    Dit is 'n baie bekende gebruik van die Jode om die stof van hulle voete af te skud as hulle van 'n heidense gebied af weer in Israel teruggekom het. Daarmee sê hulle eintlik publiek dat die land waarvandaan hulle kom heidens is.

    Dit beteken dat Jesus eintlik, met dié opdrag aan sy dissipels, 'n boodskap gee aan die Jode, wat hulle en Hom verwerp, dat hulle heidens is. Dit staan letterlik as 'n getuienis (NAV – aanklag) teen hulle. Nogal 'n skerp oordeel! Maar die doel is om dié wat Sy boodskap nie aanvaar nie onder geen illusie te laat dat hulle dit op eie verantwoordelikheid verwerp.

    'n Mens moet ook nie die ironie hiervan mis nie – Nasaret het Hom so pas verwerp en dra dus ook dieselfde oordeel as die ander dorpe en huise wat Hom verwerp. Paulus sou in Korinte dieselfde doen, die stof van sy klere afskud, en aan die Jode wat sy boodskap verwerp die volgende toevoeg: “As julle verlore gaan, is dit julle eie skuld. Ek aanvaar nie die verantwoordelikheid daarvoor nie” (Hand 18:6).

    Maar onthou, Paulus kom eers na 'n lang bedieningstyd by die punt uit dat hy die Jode as 'n groep verlaat om verder onder die heidene te werk. Hy werk net hierna wel nog 'n keer in Efese in die sinagoge, maar op sy derde sendingreis wil dit voorkom asof hy nie meer sinagoges besoek nie.

    Dit wil sê, die simboliek was bedoel vir Jode wat deel van die volk van God was en Jesus nie as die Messias wou aanvaar nie. Dit was nie bedoel om teenoor heidene te gebruik nie.

    Daarom sal ek uiters versigtig wees om dié roete te gou te volg met ongelowiges. Dit is in ons konteks eerder 'n tegniek vir gelowiges wat nie meer in die geloof lewe nie. Soos oom Kolie Kotze een keer met 'n jong egpaar gedoen het wat nie meer in die kerk gekom het nie. Hy het hulle 'n paar keer besoek, maar hulle wou nie betrokke raak nie. Toe hy egter een aand in hulle sitkamer die stof van sy voete afstof, was hulle binne 'n halfuur by die pastorie en het dramaties tot bekering gekom!

    Maar ek dink verdraagsaamheid veral teenoor hedendaagse heidene is nodig, totdat dit blyk die gesprek het nie meer nut nie. Jesus antwoord ook aanvanklik die Fariseërs (Mark 2:1-12; 7:1-13) redelik uitvoerig, maar begin later sug oor hulle teenstand en verwerping en konsentreer sy bediening op die dissipels (Mark 8:11-13 – “Hy het hulle daar laat staan”!). Maar nou goed, hulle was die Joodse leiers, so dit geld ook nie vir heidene nie!

    Maar laat ons hoor van ander – Wat dink julle? Moet 'n mens met ongelowiges in debat gaan of nie?

    Interessante perspektief hierop van 'n lidmaat van een van ons sendelinge in Frankryk (Corneille du Plooy, predikant in Toulousse), Richard Morgan, wat juis deur mense wat met geduld antwoorde gegee het aan ateïste op Richard Dawkins se site, dws aan ongelowiges, tot bekering gekom het. Hier is die skakel: http://www.freechurch.org/pdf/monthlyrecord/sep… – lees die artikel: “An atheist repent”

  • Vince Aslett
    11/02/2010 at 10:29 |

    Iets wat ek nog altyd gewonder het – Kan ons v11 deurtrek na vandag se lewe? Dit gebeur so baie dat ek in n debat (Veral op FB) gaan met iemand wat werklik nie wil glo nie en dan allerhande nonsens quote om sy ongeloof te staaf. Ek was al bekommerd dat so n persoon se siening op n publieke blaai dalk iemand anders wat n border-line case is kan negatief beinvloed. Sal dit reg wees om eenvoudig net weg te gaan en die persoon in sy oortuigings te los?

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed