WEEK 3 van die Bybelskool oor Markus

Written by Chris van Wyk on 04/02/2010. Posted in Markus

Print Friendly

Bestekopname

Een ding wat ek baie spesifiek beklemtoon in die lees van die Bybel, is dat die Bybel nie net vir informasie gelees moet word nie, maar vir formasie.  Dit beteken, na ‘n mens alles gelees het oor ‘n teks, wat die woorde beteken, wat die situasie moontlik was … moet jy uiteindelik vra: Wat nou? of Wat beteken dit vandag vir my?

Dit is immers in die refleksie en nadenke oor die betekenis van die Bybel vir my persoonlik, wat geestelike groei plaasvind. En dit is die doel van die Bybelskool. ’n Mens kan in die vergelykende lees van tekste só vasval in die analisering van die tekste, dat jy kan vergeet om uit te kom by die betekenis vir jouself.

Om te illustreer hoe ek self die tekste lees, gee ek dit as vir jou as riglyn deur:

  • Ek bid gewoonlik ‘n gebed waar ek die vorige dag se gebeure met die Here deurgesels.  Deur die eeue was dit bekend as die daily examen.  John Ackerman het ‘n oulike proses daarvoor geskep: Stop, Look, Listen.  Die idee is dat ‘n mens tot stilstand kom, die gebeure van die vorige 24 uur deurdink en kyk waar jy spore van God se teenwoordigheid ervaar het.  En dan te luister na wat dit vir jou sê. (Terloops ‘n boekie van hom hieroor, Staying in Touch, is vertaal in Afrikaans met die titel Bly in Voeling.  Dit is by www.bmedia.co.za bestelbaar.)
  • Daarna lees ek eers die Markus teks met een van die 6 metodes wat ek op die webtuiste gegee het.  Elkeen van dié metodes sluit in dat ek vra na die betekenis vir myself.
  • Dit is verstommend hoe baie raakpunte dan kom tussen my gebed oor die vorige dag se gebeure en die teks wat ek die oggend lees.
  • Dan bid ek gewoonlik weer en antwoord die Here daarop.
  • Eers daarna begin ek die ander tekste uit Matteus en Lukas en Johannes vergelyk met Markus.
  • Ek lees ‘n paar kommentare vir meer inligting – sodat ek vir jou ‘n paar goed daaroor kan skrywe op die webtuiste!
  • En dan skryf ek die post(s) op die webtuiste.
  • En só word die teks en refleksie daaroor deel van my lewe vir daardie dag!

Ek wil voorstel dat jy ‘n soortgelyke patroon volg – kleur dit na jou behoefte in, maar onthou om altyd te vra na die betekenis vir jouself.
Geniet die verdere lees die week!

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed