Historiese raamwerk

Written by Chris van Wyk on 17/10/2011. Posted in Psalms

Print Friendly
’n Mens kan egter agter die huidige indeling van die 5 boeke of bundels waarskynlik ’n historiese raamwerk raaksien[1].
  • Boek 1-2 (Psalms 1-72) is opgebou uit veral die Dawidiese Psalms wat uit die tyd van die konings kom tot en met die ballingskap – ongeveer die 11de tot 6de eeue vC, met Psalm 1 as inleiding.  Die inhoud reflekteer dus die temas van lof en (veral) klag, soos dit verband gehou het met die wel en weë van die volk in daardie tyd, altyd geskets teen die agtergrond van God se oneindige goedheid en sorg vir die volk.
  • Boek 3 (Psalms 73-89) veronderstel meesal die ballingskap en val van Jerusalem – 6de eeu vC – met die vrae en dreigende wanhoop wat dit in die lewe van die volk opgeroep het.  Dit is diep en donker wroeginge oor die toekoms, waarin die voorspoed van die onregverdiges en goddeloses tot baie vrae en worstelinge aanleiding gee.  Ons vind hier dus meesal Klaagpsalms met Psalm 73 die inleiding wat die tema van twyfel eerlik op die tafel sit, weliswaar met die uiteindelike boodskap dat twyfel wel in die nabye teenwoordigheid van God tot rus kom.
  • Boek 4 (Psalms 90-106) fokus op Jahwe se koningskap ten spyte van die problematiek van die Dawidiese koningshuis, met ’n appèl aan Jahwe om die ballinge weer terug te bring na Jerusalem (Ps 106:47).  Psalm 90, die Psalm van Moses, kan natuurlik baie vroeër wees en lei die tema van God as toevlug van geslag tot geslag in.  Hier is dus veral Lofpsalms.
  • Boek 5 (Psalms 107-150) werk met die veronderstelling dat die terugkeer uit ballingskap al plaas gevind het (Ps 107:2-3), en loof God vir sy heerskappy oor die nasies (Ps 108) en fokus op die toekoms wat deur Hom moontlik word vir die volk.  Psalm 107 funksioneer as ’n inleiding vir hierdie deel en loof die Here vir sy goedheid en liefde waaraan daar geen einde is nie.  Die meeste Lofpsalms kom dus in hierdie deel voor.

Hierdie raamwerk gee ons dus ’n ander manier om die betekenis van die Psalms te ontgin vir ons geestelike lewe.  As ’n mens die Psalms lees teen die agtergrond van die ervarings van die volk Israel, maak dit ’n deur oop dat ons dit kan waag om die Psalms te lees en gebruik in die lig van ons eie lewensverhale.  Ons kan daarom Psalms uit die verskillende boeke of bundels kies wat saamhang met die verloop van ons eie lewe, sowel as die lewe van ons mense, en daaruit die temas en areas aflei waarop ons moet fokus in ons verhouding met God en mekaar.

Dit bly immers een van die belangrike opdragte  van Paulus dat gelowiges in hulle samekomste moet sing, en spesifiek ook Psalms moet sing, saam met ander liedere  (Ef 5:19 – “en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here”; Kol 3:16 – “Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing”; 1 Kor 14:26 – “Elke keer as julle bymekaarkom, het elkeen gewoonlik ’n bydrae om te lewer: ’n psalm, ’n onderwysing, ’n openbaring, ’n ongewone taal of klank, ’n uitleg daarvan. Sorg dan dat alles tot opbou van die gemeente verloop”).  Jakobus raai individuele gelowiges ook aan om te sing, veral lofliedere (Jak 5:13).

 


[1] Gebaseer op Gordon Fee en Douglas Stuart se interpretasie in How to Read the Bible Book by Book.

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed