Lectio Divina
Jy kan natuurlik enige metode gebruik in jou leeswerk van die Psalms.
’n Uitstekende manier om die Psalms te lees is om dit met die Lectio Divina metode te lees. Lectio Divina is ’n eeue-oue metodiek om die Bybel só te lees dat jy God se stem daarin hoor en leer om op Hom te reageer. Hier is ’n 6-stap proses wat baie goed werk (Fryling):
- Kom tot rus – fokus op jou asemhaling, sit gemaklik, gee jou kommer vir die Here (Silencio)
- Lees die Psalm – lees dit biddend, lees die bydraes wat ek daaroor skrywe (Lectio)
- Oordink die betekenis van die Psalm – kies ’n vers of woord uit die Psalm wat jou ruk/troos/uitdaag en oordink die praktiese betekenis daarvan vir jou (Meditatio)
- Antwoord die Here in gebed – fokus op wat jy gehoor het; jy kan ook hier voorbidding doen (Oratio)
- Geniet God se teenwoordigheid – doen dit sonder woorde (Contemplatio)
- Wees gehoorsaam aan God – gaan doen wat jy gehoor het (Incarnatio)
Tags: Bybelstudie metodes
Trackback from your site.


Comments (1)
[...] Onthou die Lectio Divina metode om die Psalms te lees. [...]